Verbeel jou die volgende: Jy en jou vriende sit rondom die vuur met niks behalwe die Bosveldnaggeluide rondom julle nie, daar is tjoppies op die rooster en die lewe is net weer lékker. Dít klink mos nou na die ideale wegbreek wat elkeen nodig het ná ’n besige week. LekkeSlaap het tien van die beste Bosveldwegbreke vir jou en jou familie of vriende bymekaar gemaak ─ al wat jy moet doen is jou gunsteling-een kies!

1. Thabaphaswa Mountain Sanctuary

Ons skop dié lys af met ’n Bosveld-toevlugsoord sestien kilometer noord van Mokopane in Limpopo. Ontspan in ’n kothuis wat vir selfsorg toegerus is, in een van die oornagkampe wat tussen groot rotse op die plaas gekamoefleer is of in een van vele ander opsies op dié plaas. Troeteldiere is ook welkom en kinders kan help met plaas-aktiwiteite soos om die vee te help aankeer en die koeie te melk.

Plek vir: Eenhede vir 6, 10 of 16 gaste
Doendinge op die perseel: Kom leer meer oor die geskiedenis en interessante feite van dié Nguni-plaas, durf die Ziplines aan, en koel in die plaas- of natuurlike damme af. 
Doendinge in die area: voetslaan, draf, bergfietsry, 4×4-roetes, rotsklim en abseil

Kliek hier vir tariewe. 

2. 444 on Taaibos

Dié selfsorgvakansiehuis in Hoedspruit is geskik vir agt gaste. Die huis spog met hoekbaddens, buitestorte, gratis WiFi en ’n TV met Showmax en Netflix. Buite is daar vreedsame skadukolle waarin gaste kan ontspan en ’n sonnige swembaddek met ’n uitsig oor die bos.

Plek vir: 8 gaste 
Doendinge op die perseel: wildritte, staproetes, voëlkyk, perdryroetes en ’n fietsroete 
Doendinge in die area: 444 on Taaibos is net 42 kilometer vanaf Lissataba Privaat Wildreservaat en 17 kilometer vanaf die Kinyonga Reptielsentrum. Huur ’n fiets plaaslik om die area te verken, of vra die eienaars om vir jou ’n huurmotor te reël.

Kliek hier vir tariewe. 

3. Warthog Lodge – Mabalingwe Nature Reserve

Hoe klink eindelose uitsigte, Afrika-sonsondergange, uitstekende wildkyk-geleenthede en kampvure onder die sterrehemel vir jou? Die volgende Bosveldskuilplek is in Bela-Bela geleë en bied ’n heerlike selfsorghuis met drie slaapkamers wat elk ’n buitestort het. Verder is daar ’n stoep en braai-area wat vir ure se gesels sal sorg. Jy kan selfs jou eie wildritvoertuig huur! 

Plek vir: 8 gaste 
Doendinge op die perseel: perdry, voëlkyk, wildritte, begeleide stappies, swem, Groot 5-kyk, tennis en bergfietsry
Doendinge in die area: Bela-Bela is bekend vir staproetes en besienswaardighede soos die De Wildt Shingwedzi Cheetah Ranch.

Kliek hier vir tariewe.

4. Idwala View – Mabalingwe Nature Reserve

Dié selfsorg-eenheid in Bela-Bela bied die ideale wegbreekplek ver van alles af. Geniet ’n glasie wyn voor die kaggel, lê snoesig op die bank en kyk Netflix, of kuier ’n hond uit ’n bos op die dek, by die boma of in die braai-area. Dryf salig in die verhitte swembad rond, of sit eenvoudig agteroor en geniet die ongelooflike uitsig.

Plek vir: 12 gaste 
Doendinge op die perseel: perdry, voëlkyk, wildritte, begeleide staptogte, swem, Groot 5-kyk, fietsry, wildkyk, bergfietsry en tennis
Doendinge in die area: perdry, visvang, voëlkyk, wildritte, begeleide staptogte, swem, kunsvlieghengel, Groot 5-kyk, fietsry, wildkyk, bergfietsry en tennis

Kliek hier vir tariewe. 

5. 3 on Cliff

Kom vind rus vir jou siel by dié mooi grasdak-lodge in die Mabalingwe Natuurreservaat. Dié tripelverdieping-lodge het ’n houtdek met ’n swembad, skuil tussen lowerryke bome en het ’n ongelooflike uitsig oor die Bosveld. Dit is ten volle toegerus vir selfsorg en gratis WiFi is beskikbaar. Die Mabalingwe Natuurreservaat spog met die Groot 5 en daar is ’n privaat selfry-wildkykvoertuig by die lodge wat gaste kan huur.

Plek vir: 8 volwassenes en 2 kinders
Doendinge op die perseel: perdry, voëlkyk, wildritte, begeleide stappies, swem, Groot 5-kyk, tennis en bergfietsry

Kliek hier vir tariewe. 

6. Kareefontein 9 Bedroom IKH1

Dié bestemming op ’n privaat wildplaas, ongeveer ses kilometer van die Zebula Gholfbaan af, het fantastiese uitsigte op die Waterberge. ’n Swembad, drie braai-areas, ’n uitkykdek en onbeperkte WiFi wag op jou by dié selfsorghuis wat slaapplek vir agttien gaste het. Daar is selfs ’n kothuis met ablusiegeriewe langs die dam wat ’n ordentlike wegbreek verseker. 

Plek vir: 18 gaste
Doendinge op die perseel: Hiér het julle toegang tot alle geriewe by Zebula, wildriitte kan gereël word, én die plaas het ‘n groot dam waar julle kan visvang.

Kliek hier vir tariewe. 

7. Thanizimbi Game Farm and Entertainment Venue

Ongeag hoe groot jou wegbreekgroep is, Thanizimbi Game Farm and Entertainment Venue het definitief genoeg slaapplek! Daar is verskeie eenhede by dié Bosveld-bestemming, van die Koedoe-eenheid met slaapplek vir ses, tot die Olifant-eenheid met slaapplek vir negentien gaste. Die plaas skuil 25 kilometer buite Thabazimbi en bied ’n oorvloed wild- en natuurroetes. Ontspan onder die lapa met ’n vuurtjie wat brand, koel in die swembad af of kuier knus voor die kaggel. Jy kan selfs ’n skemerkelkie op die berg geniet! 

Plek vir: 4, 6, 8 of 19 gaste 
Doendinge op die perseel: Geniet ’n wildrit of durf die 20 kilometer lange bergfietsroete aan.
Doendinge in die area: Julle kan die Marakele Nasionale Park besoek, wat 13,4 kilometer van die plaas af is, of ’n rondte by die plaaslike 9-putjie-gholfbaan in Thabazimbi gaan speel

Kliek hier vir tariewe. 

8. Kudu Lodge, Ditholo Wildlife Estate

Ontsnap uit die besige Goudstad na Kudu Lodge op die Ditholo Wildlandgoed wat uit ongerepte inheemse Afrika-woud bestaan. Bespreek die hele eenheid met vier slaapkamers wat elk ’n houtdek het. Hiér kan julle heerlik kosmaak, onder die lapa kuier of in die swembad baljaar. As julle nie lus is vir kook nie, kan julle die restaurant op die perseel besoek en ’n ontspannende spa-behandeling daarna bespreek! 

Plek vir: 8 gaste
Doendinge op die perseel: Die reservaat bied verskeie stap-, fietsry- en wildkykroetes, en daar is ook ’n restaurant, kroeg en spa op die perseel. Voertuie is beskikbaar vir wildritte.

Kliek hier vir tariewe. 

9. Rietvally Game Lodge

Rietvally Game Lodge is net 2 ure se ry van Johannesburg en Pretoria af en die ideale plek om die Afrika-bosveld saam met familie en vriende te verken. Hiér kan julle julle oë vir wild oophou, voëlspesies in die bome soek, ’n bietjie langs die swembad ontspan, of onder die lapa by die kroeg en braaigeriewe kuier.

Plek vir: 20 gaste
Doendinge op die perseel: Die lodge bied doendinge soos voëlkyk, fietsry, wildkyk en swem.

Kliek hier vir tariewe. 

10. Twiga Lodge Mabalingwe

Laaste, maar beslis nie die minste nie, is daar die luukse Twiga Lodge. Dit is ’n selfsorghuis in die Mabalingwe Natuurreservaat buite Bela-Bela, 90 minute se ry vanaf Pretoria. Afrikabos, diere reg op jou voorstoep en ’n privaat watergat wat gereeld besoekers het, maak dié plek die perfekte Bosveldwegbreek. Die groot stoep het ’n ingeboude braai en lei na die plonspoel waar diere ook soms kom water drink. 

Plek vir: 8 gaste
Doendinge op die perseel: Wildkyk, swem en braai 

Kliek hier vir tariewe.

As dié plekke, die stilte, die bos en tyd saam met die mense naaste aan jou vir jou na ’n welverdiende wegbreek klink, bespreek nou ’n Bosveld-bestemming! 

Hooffoto: Thanizimbi Game Farm and Entertainment Venue (LekkeSlaap)