Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Breede River Valley

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1629 resensies.

Tulbagh, Breederiviervallei

Bergsicht Country Farm Cottages

"Tulbagh is 'n dorpie wat enige mens kan geniet en het die perfekte gevoel van 'n klein dorpie. Intieme plekke waar jy so verwelkom word, jy voel soos 'n inwoner. Besonderse mense en baie lekker wynplase in die area."

Worcester, Breederiviervallei

Linge Longa B&B

"Die mense is vriendelik."

Tulbagh, Breederiviervallei

The Tulbagh Boutique Heritage Hotel

"Pragtige skoon dorpie en al die wit rose is pragtig!"

Rawsonville, Breederiviervallei

La Bri Guest House

"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."

Tulbagh, Breederiviervallei

Eikelaan Farm Cottages

"Baie mooi, maar was teleurgesteld met "Kerkstraat se besighede" wat gesluit was weens opgraderings. Verkeerde tyd op die regte plek, sou ek raai! "

Wolseley, Breederiviervallei

Welgelee Cottage

"Pragtige skoon en stil dorpie. Mooi omgewing en baie naby aan Worcester se mall!"

Rawsonville, Breederiviervallei

Rawsonville Guest House

"Klein dorpie met die mooiste wynplase."

Worcester, Breederiviervallei

Linge Longa B&B

"Ongelooflike mooi omgewing en ideale wyntoerisme bestemming."

Tulbagh, Breederiviervallei

De Oude Herberg

"Ek het meer van Tulbagh verwag. Histories baie mooi bewaar met mooi versorgde tuine, maar gits die mense beweeg nie met die tye nie. Glo nie hulle het al ooit gewaag om kruie in hul kos te gooi nie...om nie te praat van "banting" opsies nie. Toeriste wemel in Riebeeck-Kasteel, maar in Tulbagh is daar niemand nie. Ontbyt is aanbeveel in Church straat se kombuis waar ons kon kies uit koek of maalvleis op witbrood of maalvleis op bruinbrood of maalvleis in 'n jaffel (wit of bruin) of maalvleis met eiers ..."

Tulbagh, Breederiviervallei

Bergsicht Country Farm Cottages

"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "

Tulbagh, Breederiviervallei

Fynbos Guest Farm & Animal Sanctuary

"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "

Breederiviervallei

Bonfrutti

"Dit is net ongelooflik mooi in die omgewing - met al die berge en wynlandgoed - dit is nou regtig hemel op aarde daar."

Rawsonville, Breederiviervallei

La Bri Guest House

"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."

Tulbagh, Breederiviervallei

Saronsberg Vineyard Cottages

"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."

Tulbagh, Breederiviervallei

Citrus Self-catering Apartment

"Baie mooi wêreld met die berge, wingerde en ander besienswaardighede, paaie ry lekker."

Tulbagh, Breederiviervallei

Bergsicht Country Farm Cottages

"Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie."

Tulbagh, Breederiviervallei

Eikelaan Farm Cottages

"Sal dit aan almal aanbeveel. 'n Moet vir enige reisiger. Goeie restaurant. Geluk aan die toeriste-organisasie."

Tulbagh, Breederiviervallei

Raptor Rise

"Pragtige dorpie met baie om te doen."

Tulbagh, Breederiviervallei

Fynbos Guest Farm & Animal Sanctuary

"Eerste keer dat ons Tulbagh besoek het. Aangenaam verras met die vriendelike mense, pragtige besienswaardighede en geskiedenis van die dorp."

Tulbagh, Breederiviervallei

Alfa Apartments

"Was net vir 'n troue daar, dus nie van die toerisme gebruik gemaak nie."

Tulbagh, Breederiviervallei

Raptor Rise

"Beslis die moeite werd om die historiese dorpie te besoek."

Tulbagh, Breederiviervallei

Raptor Rise

"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."

Tulbagh, Breederiviervallei

Manley Wine Estate

"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."

Blad
Blad 50 - Wys 1471 tot 1500
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem