Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6660 resensies.
"Baie pragtige bestemming maar die weer was nie so lekker nie. Ons kla nie want ons land het reën nodig."
"Gonubie het 'n heerlike strand en dit is 'n lekker plek vir kinders om te baljaar in die lagoon."
"If it's not summer time, I would not visit Port Alfred. Only other time I will probably visit is if there is a festival of some sort, but then I will drive through from PE in the morning. "
"Gonubie is 'n groot geheim - dit is by ver een van die mooiste see-plekke in Suid-Afrika, maar sonder die maal en malheid van die Suidkus en ander gewilde seevakansie-plekke. Ons sal weer gaan!"
"Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd."
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is."
"Cannonville is perfectly situated to tour the area. Near to everything, but quiet. The hosts are absolutely fantastic!"
"Dit is naby genoeg aan die Addo Olifantpark en reisgidse is beskikbaar om jou te neem. Dit is dus nie nodig om met jou eie vervoer op die grondpaaie te ry nie."
"Verrassend mooi en besonder interessant. Die moeite werd om te gaan besoek."
"Slaap oor op 'n gasteplaas soos Fairbairn en sien al die pragtige natuur soos die Tsitsavalle."
"Dit is 'n baie mooi en skoon dorp en daar heers 'n baie lekker atmosfeer in die aand. Die mense is baie vriendelik. Volgende keer sal ons langer bly. "
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorpie. Die aandete by Vileira was 'n fees. Page House bly 'n wenner."