Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3488 resensies.
Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande
Meerkat Manor"Rosendal is 'n pragtige dorpie. Die pad tussen Senekal en Rosendal is wel bitter swak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
By the Way Gastehuis"Word net beter. Was laas Januarie 2020 daar. Daar is nou baie nuwe winkels. Mooi plek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Clarens se paaie is ongelooflik sleg. Restaurante en winkels buitensporig duur, net toegespits op buitelandse toeriste."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lavender & Rust"Clarens is 'n baie mooi dorpie. Ons sal definitief weer teruggaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mountain View Manor"Clarens is baie duur, restaurante is baie duur, die omgewing en staproetes is baie mooi."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sandstone Chameleon Guest House"Baie mooi plek by die Malutiberge, strate is net in 'n ongelooflike slegte toestand. Sal moontlik eerder verkies om in Clarens te oornag en dan die dag te spandeer in die Fouriesburg-area."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rebellie Gaste Plaas - The Lodge"A quaint town with lovely, friendly staff. We all enjoyed walking around town and window shopping. Lots of places to eat with lots of variety to suit everyone's pallets."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola 37"Weer verskriklik onvoorspelbaar, maar pragtige uitsigte."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Dragonfly Self-catering and Bike Rescue"Pragtige dorp. Die Bethlehem Munisipaliteit moet net aandag gee aan die strate wat besig is om baie agteruit te gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
de Minimalist House"Wens net die plaaslike regering wil die strate van Clarens teer of plavei. Die onlangse reën het slote en gate oral oor in die strate gestoot en dit was regtig onplesierig."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Dit is ons tweede besoek in Clarens en ons is teleurgesteld oor agteruitgang van strate, asook niks nuut beskikbaar."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Groenhoek Guest Farms"Ons was kersdag daardeur, so amper als was toe. Eetplek gesoek, maar niks gekry die oggend nie. Mooi dorp."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Gate Guesthouse"Pragtige, ou plattelandse dorpie met lieflike winkeltjies en heerlike restaurante."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Groenhoek Guest Farms"I'm giving it a 4/5 because of the poorly maintained roads, be very cautious when driving from Johannesburg. There are major potholes en route and not many petrol stops. Overall, stunning views."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Periwinkle Blue"'n Rustige plattelandse dorpie met die mooiste natuurskoon. Skoon en netjies. Baie aktiwiteite vir oud en jonk."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Golden View Luxury Self-Catering"Eerste keer in Clarens. Baie mooi dorpie met pragtige berge, maar soek nog na 'n wow-faktor. Vele winkels, restaurante en staproetes. Was ook by Golden Gate, maar weet nie of ons sommer gou weer sal terugkeer nie. Dink ander plekke in Suid-Afrika bied meer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
One The Mews"Gaan gereeld soontoe, puik dorp, paaie kort net aandag."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
One The Mews"Fantastiese plek, en voorwaar die moeite werd. Pad na en van Clarens nie so lekker nie, maar as jy eers daar is kan jy enige plek heen loop."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Villa 176 @ Clarens"Clarens is 'n wonderlike plekkie en vir seker 'n deel van die land wat mens moet sien. Dit is ongelukkig jammer dat al die paaie vanaf Clarens, behalwe die Betlehempad, bykans onbegaanbaar is. Dit maak dit al moeiliker om weer daardie kant toe te wil ry. Paaie is uiters swak, maar as jy loop, is dit 'n goeie ervaring."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Thaba Lapeng Mountain Escape"Clarens is 'n goeie vakansiebestemming."