Geverifieerde Resensie

Eastern Free State Highlands

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3491 resensies.

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Fairview Cottages

"Baie goed geleë vir dag uitstappies na Fouriesburg, Ficksburg en Clocolan met die mooiste natuur landskappe op die pad. Het die plaasskou op Clocolan besoek en dit geniet om van melee se manier van dinge doen op die plaas te kon aanskou."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

The Nelsbells Cottage

"Wonderlike plek om 'n paar dae te gaan rus. Die omgewing bied egter so baie dat rus bykans onmoontlik is maar die vars lug en vriendelike mense is altyd wonderlik. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Golden View Luxury Self-Catering

"Duur vir die gemiddelde Suid-Afrikaner, ons wil graag lekker ons land besoek en geniet, maar word meeste van die tyd uitgebyt. Veral pensionarisse wat dit moeilik vind, en tog ook ons mooi land wil geniet."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Knock Out View

"Goeie ontspanning en besonderse natuurskoon omgewing."

Panorama, Oos-Vrystaatse Hooglande

Kihara Guest House

"Omgewing was skoon en het veilig gevoel."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Zwartmodder

"Asemrowend en lekker baie om te doen. Puik restaurante!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Rooikat Cottage

"Baie nice kuier- en eetplekke. Berge is pragtig. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Cottage Pie

"Sal weer en weer terugkom!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Knock Out View

"Nice! Veral vir shoppers. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Lake Clarens Guest House

"Ons besoek Clarens gereeld omdat dit iets anders bied. Daar is geen ketting winkels nie, dit verander heeltyd, dit het lekker eetplekke en 'n vakansieatmosfeer. Daar is baie blyplek en die omgewing is asemrowend."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Fairview Cottages

"An amazing place with so many hidden gems. The perfect location to escape the city. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Zwartmodder

"Enigste kommentaar oor Clarens is dat dit harseer is dat ons nie daar bly nie."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

V'Kansi Khaya

"Sal nooit genoeg kry van Clarens nie."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Amber Selfsorg

"Wat 'n netjiese dorpie. Dit was opvallend dat almal se grasperke so pragtig gesny was, en die tuine oor die algemeen goed versorg. Ons het bietjie rondgery en was verbaas oor hoe groot dit eintlik is, en die besondere mooi huise in veral die nuwe gedeelte. Het verskriklik lekker kon eet in die restaurante, en almal was vriendelik en hulpvaardig. Was baie bly om die kennisgewingbord raak te lees op die pad vanaf Bethlehem - dat ons welkom is om Afrikaans te praat in Clarens!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

La Bri

"Asemrowend mooi natuur, stil en rustig, lekker kos en vriendelike mense. Altyd 'n wenner om 'n lekker rustige breek by te neem."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Collett House

"A lot of nice shops, bars and restaurants. Nice atmosphere in the little town."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Rooikat Cottage

"Pragtige, skoon en netjiese dorpie met ongelooflike restaurante en die uitsig is "to die for"."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Knock Out View

"Die geraas vanuit die township in die aand maak inbreuk op die rustigheid van die pragtige dorp."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Fairview Cottages

"Beslis die juweel van die Vrystaat!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Jovali

"Absoluut uniek! Geen groot kettingwinkels en malls daar nie, wat goed is. Die natuurskoon is asemrowend. Baie unieke gemeenskap met baie kunstenaars en alternatiewe tipe winkels. Pryse van items kan redelik duur wees, maar daar is winskopies wat uitgesnuffel kan word! Redelik naby Lesotho, Golden Gate en ander besienswaardighede. Ek sal sonder huiwering teruggaan soontoe!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

V'Kansi Khaya

"Daar het nie veel verander oor die afgelope jare nie, en soms is dit goed, maar anders kan dit voordelig wees om te verander of uit te brei om nuwe besoekers te lok."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Collett House

"Puik plekkie met die mooiste winkels. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Hannic's Retreat

"Oujaarsaand 2016 se nag was 'n ontstellende belewenis. Bomklappers het heelnag deur geskiet, wat geklink het soos bomme wat ontplof. Daarom het ons dit hierdie jaar vermy en eers die eerste Januarie 2018 ingeboek. Dit was baie rustig, dalk het hulle die probleem hanteer. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

The Gables

"All the restaurants are top notch. Clementine, Friends, the Highlander, Roter Hahn, Mosaic Pizzeria are all a great for families with kids. The views from anywhere in Clarens is postcard worthy. "

Blad
Blad 87 - Wys 2581 tot 2610
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang