Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Dit is so naby Golden Gate dat jy hierdie twee aantreklike toeriste-bestemmings afwisselend kan geniet: natuur en kultuur. Geweldig!"
"Uitstekende ligging vir al jou ekskursies na Lesotho en die berge, asook die kersie-omgewing, Clarence en Golden Gate. "
"Eerste keer in Clarens. 2 dae was te min maar het darem Golden Gate ook besoek. Definitief die moeite werd."
"If you like old towns, old buildings and a laid back atmosphere this is a must!"
"A quaint little town with so much variety of shops and places to eat. Very vibrant. Close enough to just break away. The Hartelus Market, which is the first Saturday of every month is definitely worth a visit."
"Ek het my smuktassie tuis vergeet, ons kon by 'n groot mall gaan en alles wat nodig was vir die naweek by Dis-Chem gaan koop. Daar was ook 'n Clicks. Daar is 'n verskeidenheid van restaurante en die een wat ons gekies het se kos wat uit die boonste rakke. Ek is nie seker wat daar te doen is in Waverley nie aangesien ons net oornag het, maar vir ons behoeftes was Waverley perfek. "
"Vrystaat is mooi met sy eie bekoring - mag dit nie vergelyk met ander dele van die land nie - paaie is baie mooi."
"Ons het laataand arriveer en vroegoggend vertrek. Teen hierdie tyd behoort gesoute toeriste te weet dat elke klein plattelandse plekkie aangename verrassings inhou. Doen moeite om meer uit te vind oor die dorpie en die omliggende omgewing. Gebruik sommer plaaslike inwoners soos gastehuis-eienaars as bron van inligting. Plaaslike mense weet gewoonlik die beste. Ventersburg het meer as een vulstasie om jou en jou motor te vul en verfris. Kan die Caltex-vulstasie met Maxi’s by dit, geleë reg langs die snelweg, sterk aanbeveel. Die Willem Pretorius Natuurreservaat en Aldam (Allemanskraaldam) is beslis ook die moeite werd om te besoek. "
"Clarens en omgewing is prentjiemooi vir die natuurliefhebber. Slegs 'n halfuur se ry tot by Golden Gate om nog meer van ons Vader se mooi natuur te kan ervaar en beleef."
"Clarens is baie duur. Hul cater vir die oorsese toeriste in sekere opsigte. Verblyf moet uitgesoek word om redelike prys te kry."
"Geniet die kunswinkeltjies, dan (of net as kuns nie jou ding is nie) die bier en kaas, dan die gin! Lekker stop gewees, dan deur baie naby Golden Gate wat merkwaardig is vir die verby-vertikale kranse, tot by Witsieshoek vir die Chain Ladder Hike tot bo-op die berge."
"Great vibe, good food. Very reasonably priced. I was pleasantly surprised to find that this little village with so many tourists is really well priced and not ripping the visitors off with exorbitant prices on food, drinks and merchandise. "