Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Van die plekke wat in ons in die dorp wou besoek, is oor die middag gesluit. Die besoek aan Tiger Canyon is die geld werd! Baie professioneel en goed georganiseer. Hoogs aan te beveel!"
"G on V is great. The food and location at O's are wonderful. Nice shops. Lots of antique shops. "
"Daar is baie meer in die dorp as wat ek gedink het met werklike mooi ou geboue en mooi bergagtige area aan die voet van Lesotho. "
"My geboortedorp, so natuurlik sal ek die verblyf in die area aanbeveel. Net jammer die plattelandse dorpe gaan so agteruit, maar dit lyk die beste in die omgewing. Kan sien dit is nog 'n boeregemeenskap."
"Ongelukkig het die dorp baie verval, het as kind altyd daar gaan vakansie hou, maar sien die plek kry (soos alle ander klein dorpies) swaar. Voel nie meer veilig om die eiland en rivier te besoek nie."
"Harrismith as dorp lyk nie baie goed nie. Die inwoners is baie vriendelik en behulpsaam."
"Heerlike atmosfeer en lekker kuierplek met tipiese Vrystaatse gasvryheid en heerlike restaurante."
"Die R26-pad kort dringend instandhouding. In sy huidige toestand is dit lewensgevaarlik om daarop te ry."
"Aangename plattelandse dorp met goeie winkels, restaurante en die rivier!"
"'n Heerlike en interessante naweekbesoekplek - selfs langer: daar is genoeg te sien en doen!"
"Dit is 'n wonderlike en vriendelike dorpie. Mens vergeet van die wêreld daarbuite en geniet elke oomblik daar. Sal weer en weer daarheen gaan."
"Ons is geniet die klein dorpies. Dit lyk altyd of tyd stil staan in sulke klein dorpies."
"Ons wou graag Naval Hill en die Planetarium besoek, maar kon verskeie dae (Maandag tot Woensdag) geen kontak maak met enigiemand wie ons kon te hulp wees nie. Ons kon wel teen Donderdag kontak maak, maar kon toe nie die volgende vertoning bywoon nie. Die besigtiging van die vroue- en kindermuseum was wel interessant en leersaam."
"Die berge is pragtig en is wat ons tot Clarens aangetrek het. Die winkeltjies is oulik, maar 'n mens kan ook net soveel winkeltjies besoek. Baie van die winkeltjies het ook dieselfde tipe voorraad, so dit raak bietjie vervelig. Dit is definitief nie 'n plek vir iemand wat nie van shop hou nie! Ek dink 'n mens kan ander soortgelyke plekke nader aan Gauteng (van waar ons is) besoek. Ons het 'n dringende mediese noodgeval gehad en moes deurjaag na Bethlehem toe, omdat die dokter nie beskikbaar was buite sy spreekkamerure nie."