Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Dit is 'n vriendelike, Afrikaanse dorp met juwele om te ontdek en funksies en markte wat gereeld plaasvind."
"Dalk effe ver van hoof besighede, maar paaie is so maklik en toeganklik dat dit geen probleem is nie."
"Pragtige dorp op die oewer van die Vaalrivier. Oulike kuierplekke. Die strate tussen die huise is in 'n baie swak toestand."
"Die gholfbane is fenomenaal, maar ek was ietwat teleurgesteld met die dorp self. Ek het meer verwag as wat ek gesien het. Baie oudhede winkels, maar nie veel meer as dit nie. Vergelyk byvoorbeeld nie goed met onder andere Clarens nie."
"Ek is smoorverlief op die klein dorpie. Vir diegene wat nog nie daar was nie, maak dit jou volgende wegbreek bestemming!"
"As jy wil rus en die stilte van 'n plattelandse dorpie ervaar, reis na Memel vir 'n naweek. Pragtige omgewing."
"Wonderlike dorpie. Heerlike wegbreek van die stad se gewoel."
"Bethlehem is 'n groot dorp met 'n groot winkelsentrum. Ons het die Saterdag die parkrun in Bethlehem gedoen. Dit was lekker. Dis warm in die dag, maar koel goed af in die aand en nag. Bethlehem is naby Clarens (40km) en naby die Golden Gate Nasionale Park. Dis baie gerieflik om in Bethlehem te oornag en dan daarvandaan Clarens en Golden Gate te gaan besoek. "
"As jy op 'n begroting gaan vakansie hou stel ek voor dat jy vooraf gaan kyk na aktiwiteite, restaurante, ginproe, ens. wat jy in en om Clarens sal wil doen. Dit kan vinnig baie duur uitwerk as jy nie mooi beplan nie. Die meeste staproetes, bierproe en 'n besoek aan die Golden Gate park is gratis. Met dit gesê - spaar sodat jy soveel as moontlik kan doen! Ek beveel die ginproe, platters by die Clarens brouery, staproetes, en massering by Kiara Lodge se Body Bliss Day spa, aan. "
"Dit is 'n lekker snuffeldorpie! Antieke winkels, sowel as normale winkels is 'n fees om in rond te loop. Mense is baie vriendelik! Jy kry nog die plattelandse-gasvryheid-gevoel, met flair!"
"Besoek gerus die Vroue en Voortrekker monument - beslis die moeite werd. Een van die beste museums in Suid-Afrika na my mening. Ek kan ook Bella Cassa Restaurant aanbeveel - die beste pizza ooit!"