Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3077 reviews.
"Die rigtingaanwysers is baie goed. Buiten koedoes en rooibokke het ons min ander diere gesien. Die geblaf van honde by omliggende opstalle was steurend in die nag. Dit doen afbreuk aan die wildervaring. Dinokeng is 'n park-in-wording en sal baat by deeglike oorhoofse beplanning van die pad vorentoe. Die draadomheinings van die weermagbasis en talle ander privaat wildkampe doen vreemd aan en voel uit pas met die die res van die reservaat. "
"Sinoville is naby geleë and the hoofweg en winkelsentrum. Vir besigheid reistog is dit ideal."
"Ek verstaan daar moet 'n geldjie betaal word om in die reservaat te ry, maar as jy in Dinokeng oorbly kan afslag gegee word aangesien mens reeds betaal het vir verblyf. As dagbesoeker dink ek die prys is billik. Oor die algemeen is die reservaat baie groot en ons het baie diere gesien."
"Baie oulik. Was so halfuur van Menlyn Mall en 10 min vanaf Woodlands Mall. Baie naby aan ander buurte, gastehuise en venues."
"Die Wilgers is 'n uitstekende keuse wat baie naby die hospitaal is. Naby die winkels, as jy iets moet koop. Lekker! "
"Dink dis 'n goeie provinsie vir besienswaardighede en vir mense wat van stadsliggies en "shopping" hou."
"Uitstekende toeriste oord. Baie wild om te besigtig. Baie oorde rondom Dinokeng. Skakel af van alledaagse lewe en geniet die natuur en diere."