Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2290 resensies.
"Heerlike vrugtestalletjies net suid van die dorp langs hoofpad. Goeie waarde. "
"Dit het 'n lieflike klimaat die tyd van die jaar en is naby geleë and Gauteng en Marble Hall."
"Baie om te doen en die waterval naby Tazneen was amazing en het glad nie geweet dat daar sulke stunning plekke is nie. "
"Bela-Bela is ver genoeg van die stad se geraas en gejaag en naby genoeg vir 'n naweek weg met met pragtige sonsondergange. "
"Die waterval was ook asemrowend en definitef die besoek werd en teen R10 per person is dit oor en oor die moeite werd! Ek moet net my onsteltenis uitspreek oor die groot Boabab boom wat nou nie meer heel is nie. Ons is baie vinnig begroet vir ons R25'e maar daarna was daar geen personeel of bestuur in sig nie. Die webtuiste laat jou glo dat jy n "koue drankie" kan geniet wat glad nie die geval is nie. Ek voel mense moet ingelig word van die werklike stand van sake asook die toestand van die boom en dat die R25'e om die boom te besigtig onnodig is. "
"Definitief 'n plekkie om te besoek. Wonderlike gasvrye mense ontmoet! Mooiste deel van die wêreld."
"Modimolle is 'n mooi plattelandse dorpie en alles was beskikbaar wat ons vir die naweek benodig het."
"Ons sal graag meer wil weet oor Ellisras, maar min inligting vir toeriste. Het darem die gholfbaan besoek - baie mooi baan."
"Mal oor die Bosveld en naby Pretoria. Kan nog op Vrydagmiddag betyds daar aankom."
"Dit is 'n klein dorpie, maar het darem alles wat jy nodig het vir 'n naweekwegbreek."
"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."