Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.
"Vosburg is definitief 'n juweel van die Karoo. Bitter klein, netjiese dorp. Definitief 'n moet afdraaiplek van die hoofpad."
"Grootste teleurstelling beleef, moes hoender eet in die Karoo - skaapwêreld - by Manna-restuarant. Die voorraad-vragmotor nie uitgekom na besige naweek/week. Sal weer moet gaan."
"Mooi omgewing, alle fasiliteite wat selfs groter plattelandse dorpe bied."
"Ons was bevoorreg om dit in vloed te sien. Wat 'n ervaring. Buiten dat dit baie warm was, dink ek dit is 'n pragtige omgewing met sy eie mooi."
"Ideale verblyf vir 2 of 3 dae as 'n middelpos vir verdere reise. Alle benodghede verkrygbaar."
"Baie stil plattelandse dorpie, dam is die groot attraksie volgens my. Ons is nie hengelaars nie, maar ek verstaan dat hengel op die dam baie gewild is, asook die bootritte. Ons het na die baie vol dam en waters kom kyk wat regtig iets besonders was, kon ook oor die damwal loop en ry."
"A typical small town where people are still friendly, courteous and helpful to strangers. One of the few remaining small towns where the streets are still motorable."
"A quaint town, with everything you need & more. Home of 3 Sons Lamb which is probably the best meat in the country. Friendly helpful people."
"Ons het nie die dorpie Augrabies verken nie, maar Augrabies Nasionale Park is beslis 'n besoek werd. Dit was 'n wonderlike ervaring."
"Ons was daar vir besigheid - dalk het Upington toerismebestemmings waarvan ons nie weet nie, maar ons was nie bewus van enige nie."
"Sal eendag graag weer Colesberg besoek. Soek nog na my voorsate (Kempers) se grafte. Jammer oor die vandalisme in die begraafplase en dat die stadsraad versuim om dit te bekamp. Heerlike lamskenkels by Boudreaux Restaurant indien jy 'n beskikbare eetplek voor 17:00 wil besoek. Ander restaurante eers later oop."