Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7916 reviews.
"Goed geleë. Naby als, daar is baie om te sien. Ons het 'n hele oggend by die 'groot gat' en myndorpie spandeer. Lekker daar geëet en baie fotos geneem. Die flaminke by Kamferdam is 'n belewenis. Gesukkel om van die plekke te kry. Van die GPS koordinate op Kimberley toeristekaart is verkeerd."
"Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek."
"Dit is te klein om iets te doen, maar dis 'n goeie halfwegstop as jy ver reis."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"Mc Dougallsbaai se ligging is beter as Port Nolloth self. "
"Dit is 'n baie stil dorp. As jy weg wil kom van alles en almal, sal dit die plek wees."
"Ons het van die eetplekke geskakel om kos te bestel en geen antwoord die Sondagmiddag tot die aand gekry nie. Jy is moeg van die aanmekaar ry, en wil nie nog op en af ry opsoek na kos nie, veral as jy nog bejaard is. Stedelinge is bederf en gewoond aan diens op Sondae by eetplekke. KFC se diens het daarvoor vergoed."
"Eerste besoek aan Colesburg. Ons het padaanwysings gevra na die plaaslike museum, die man het hom self voorgestel as 'n ene Ernie wat n motorherstel besigheid besit. Hy het gevra ons moet asb saam hom stap as ons hou van outentieke goed. Dit was vir ons net een te veel want waar kry mens nog sulke gasvrye mense. Wat ons daar gesien het was al klaar n stap in die verlede. Ons het dit opreg waardeer dat hy sy plekkie waar hy hordes oudhede bewaar met ons gedeel het. Die meeste mense is vriendelik en groet mens of hulle ons ken. Beveel mense aan om oor te slaap in Colesberg."
"Die boerbokke wat so in die strate loop was vir my te skattig. Die winkels is gerieflik naby geleë aan Chrizaan."
"Kamieskroon is mooi, stil en rustig met die vriendelikste mense!"
"Die bedelaars bly 'n problem omdat ons hou van loop. As 'n bestemming is daar besoekpunte nodig soos sportfasiliteite, vermaak, winkels, geskiedenis. Dis net die laaste wat in oormaat is maar beter aangebied kan word. Maak nie saak nie, ek sal weer kom!"
"Die perkfekte oornag dorp. Dorp was mooi skoon en mense vreeslik vriendlik. As jy hou van rustig wees en die natuur bewonder sal mens maklik vir 'n week hier kan vertoef!"
"Upington has some interesting bistros/restaurants which we discovered which are cosy (we are not into action holidays), and if you have accommodation on the river bank, then the experience of braaiing in the late afternoon is something special. There are areas just outside Upington like Kakamas which need to be explored and we will be doing that in the future. The town in general compared to some of the other small towns in SA is bustling and clean. "
"Springbok is 'n baie unieke dorp met sy natuurskoon en klipkoppies. Die blomme is 'n bonus. Almal praat Afrikaans en die eetplekkies baie gesellig."