Pick your preferred language

English

Afrikaans

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.

Augrabies, Noord-Kaap

Cape Ebony Lodge

" 'n Moet vir enige reisiger....pragtig."

Williston, Noord-Kaap

Annie's Inn

"Mense is vriendelik. Baie interessante stories."

Richmond, Noord-Kaap

Ka Ma Lodge

"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."

Upington, Noord-Kaap

Moonriver Guest House

"Vriendelike mense, baie om te sien en doen."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Kamieskroon is 'n klein plaasdorpie met ongelooflike vriendelike mense. "

Carnarvon, Noord-Kaap

Lord Carnarvon Guesthouse

"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."

Kuruman, Noord-Kaap

Terebinte

"Oulike plekkie met baie vriendelike mense."

Colesberg, Noord-Kaap

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Baie sentraal geleë en 'n gerieflike ruspunt vir reisigers."

Upington, Noord-Kaap

Kleinbegin Olienhout Accommodation

"Vriendelike plek, baie warm, sal weer daar kuier."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Moonlight Manor

"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."

Colesberg, Noord-Kaap

The Barracks

"Ideale "pitstop" op pad Kaap toe."

Douglas, Noord-Kaap

Villa de Ghaap Guesthouse

"Kan daar nie meer gemaak word van plekke soos die Neus waar die Oranje- en Vaalriviere saamvloei nie? Dis verwaarloos! En daar is nie eens 'n bordjie wat wys waar die begraafplaas is nie en dis boonop totaal onversorgd."

Colesberg, Noord-Kaap

Hazeldene

"Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe."

Keimoes, Noord-Kaap

Kalahari Water Holiday Farm

"Rustige plek om te gaan ontspan - wegbreeknaweek."

Labram , Noord-Kaap

Mc Kala Guest House

"Goed geleë. Naby als, daar is baie om te sien. Ons het 'n hele oggend by die 'groot gat' en myndorpie spandeer. Lekker daar geëet en baie fotos geneem. Die flaminke by Kamferdam is 'n belewenis. Gesukkel om van die plekke te kry. Van die GPS koordinate op Kimberley toeristekaart is verkeerd."

Colesberg, Noord-Kaap

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek."

Colesberg, Noord-Kaap

Spes Bona Guesthouse

"Lieflike Klein Karoo dorpie, met vriendelike mense. "

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Dit is te klein om iets te doen, maar dis 'n goeie halfwegstop as jy ver reis."

Colesberg, Noord-Kaap

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Die Plattelander is 'n great eetplek in die dorp."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Dis Al! Akkommodasie

"Mc Dougallsbaai se ligging is beter as Port Nolloth self. "

Colesberg, Noord-Kaap

Spes Bona Guesthouse

"Dit is 'n baie stil dorp. As jy weg wil kom van alles en almal, sal dit die plek wees."

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Ons het van die eetplekke geskakel om kos te bestel en geen antwoord die Sondagmiddag tot die aand gekry nie. Jy is moeg van die aanmekaar ry, en wil nie nog op en af ry opsoek na kos nie, veral as jy nog bejaard is. Stedelinge is bederf en gewoond aan diens op Sondae by eetplekke. KFC se diens het daarvoor vergoed."

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Goeie halfpad-bestemming as jy ver ry. "

Britstown, Noord-Kaap

Rooidam Cottages

"Die omgewing is pragtig."

Keimoes, Noord-Kaap

Kokerboom Lodge

"Keimoes is the place to be , it's a very nice place."

Colesberg, Noord-Kaap

Nanna Rous' Town House

"Eerste besoek aan Colesburg. Ons het padaanwysings gevra na die plaaslike museum, die man het hom self voorgestel as 'n ene Ernie wat n motorherstel besigheid besit. Hy het gevra ons moet asb saam hom stap as ons hou van outentieke goed. Dit was vir ons net een te veel want waar kry mens nog sulke gasvrye mense. Wat ons daar gesien het was al klaar n stap in die verlede. Ons het dit opreg waardeer dat hy sy plekkie waar hy hordes oudhede bewaar met ons gedeel het. Die meeste mense is vriendelik en groet mens of hulle ons ken. Beveel mense aan om oor te slaap in Colesberg."

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Die boerbokke wat so in die strate loop was vir my te skattig. Die winkels is gerieflik naby geleë aan Chrizaan."

Colesberg, Noord-Kaap

Hazeldene

"Lekker oorslaap op terugreis van Stilbaai."

Blad
Blad 255 - Wys 7621 tot 7650
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang