Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6267 resensies.
"Ou historiese dorp met baie te sien en te besoek. Baie omliggende dorpe in nabye omgewing met baie toeriste-besienswaardighede."
"Die Overberg is pragtig en dit voel of ons ‘n ander land besoek het met al die mooi groen!"
"Heelwat te sien en te doen in die dorp en omgewing. Sal daarom aanbeveel dat mens langer oorbly as een nag."
"We were there for our daughter’s wedding and it was 10/10. As a holiday destination perfect if you’re looking for something extremely quiet and laid back - sleepy town, but clean and friendly."
"Net een winkel daar wat iets van als het, baie gemaklik, so beplan net mooi en vat soveel as kan vanaf die huis saam."
"Fantastiese kusdorpie met lieflike restaurante en winkeltjies. Baie vriendelike mense en baie dog friendly omgewing. Sal beslis weer gaan kuier!"
"Although we did not go into the town, the drive there, through the apple/pear orchards made you feel that you are on holiday. "
"Vriendelike inwoners, heerlike kos en 'n paar winkels met unieke voorraad. Pak jou drafskoene of fietse in. Pragtige kuslyn wat kan benut word vir stap, draf of fietsry."
"Ek het op Heidelberg groot geword en het vanaf die ouderdom van 11 maande daar vakansie gehou. Hierdie was 'n nostalgiese terugblik! Selfs geswem in die see vir die eerste keer in 10 jaar, alhoewel die baaiplek nie op sy beste is op die oomblik nie."