Geverifieerde Resensie
Sunshine Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunshine Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2698 resensies.
"Die groot sandduine is 'n belewenis en die kinders kan daar baljaar met 'n glyplank. Lieflike omgewing."
"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "
"Heerlik naby die see met klomp lekker dinge om te doen. Binne loopafstand vanaf goeie restaurante en eetplekke. Baie veilige en skoon strand."
"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
Makhanda (Grahamstad), Sonskynkus
Jenny's Guest House"'n Juweel met baie interessante besienswaardigehede wat 'n opvolgbesoek regverdig."
"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "
"Die omgewing rondom die dorp is asemrowend mooi en interessant, maar die straat in die middedorp waar die hotel en kitsbanke geleë is hou geen bekoring in nie. Ek kan nie sien dat hierdie deel van die dorp enige aantrekking vir toeriste sal hê nie. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Sonskynkus
Daliz Guest House & Self-catering"I gave it a 3 star for a reason. We encountered quite a bit of rubble and illegal dumping in a few areas and en route to some venues which needs to be addressed in order to bring back that pride and welcoming feeling to visitors. Other than that it is a stunning place to visit."
"The beach is beautiful and amazing. It can only be enjoyed in the morning/early afternoon since by 16:00 the weather becomes icy cold and the wind bites into your skin. Beautiful and unforgettable beach. I would like to visit again."
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."
"Rustige stranddorp buite die vakansieseisoen. Beveel dit beslis aan."
"Seaview is 'n pragtige en veilige dorpie. As jy dolfyne wil sien is hierdie die plek. Ons kan The Dizzy Dolphin se kos werklik aanbeveel. Heerlike, bekostigbare etes met 'n bonus van 'n see-uitsig."
"Dit is 'n pragtige omgewing, die hele buurt is besig om te ontwikkel. En met Leon se hulp kom jy op die regte plek op die regte tyd. Ons sal weer in Seaview bly. "
"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "
"Centrally located and easy to get in and out of, great shopping centre, neat and tidy area."
"Ons kom heeltemal te veel daar, ha ha! Kry nie kans om ander plekke te sien nie. Geniet Jeffreys vreeslik baie. Was nou twee keer binne 6 maande daar."
"Gaan besoek die padstal so 5km buite Patensie genaamd Padlangs as jy van lekker kos hou."