Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Dinokeng

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 527 resensies.

Dinokeng

Mongena

"Die reservaat is nog jonk, baie ruig, maar tog mooi bosveld-natuurskoon. Ons het verkies om self deur die park te ry, instede van om op betaalde wildritte te gaan (wat nogal duur is...). Ongelukkig nie veel wild gesien nie, maar dit nogtans geniet. Pilanesberg het ook so begin, baie jare gelede, en ek glo met tyd sal Dinokeng ook ontwikkel, soos wild met tyd saamgroepeer om trekkende troppe te vorm. Sien uit daarna."

Dinokeng

Bospatrys Retreat

"Ons wildkyk was beperk tot die area waar ons gebly het. Ons het verwag om toegang te hê tot 'n groter gebied."

Dinokeng

Its Anners

"Natuurskoon en rustig! "

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Lieflike bestemming om die Groot 5 te sien. Ons het net-net die olifante gemis. Ons was net by hek uit Sondag toe Wilma 'n SMS stuur om te sê waar olifante gewaar is... well better luck next time!"

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Lekker naby en kan oor 'n gewone naweek ook besoek word."

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Nie baie wild gesien nie."

Dinokeng

iKhaya LamaDube Game Lodge

"Ons was gelukkig en het leeus en n jagluiperd op dieselfde dag gesien! Dit is soveel nader om die Groot 5 te sien en is net + - 65km van Pretoria af. Sal baie meer besoek! "

Dinokeng

Mahala View Lodge

"Ver van die stad, naby genoeg om 'n wonderlike belewenis te ervaar."

Dinokeng

Mooiplasie Bush Camp

"Vriendelike mense en baie mooi."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Rustig en plek om net te chill. As jy verveeld raak is daar darem 'n Brewery en 'n pub naby."

Dinokeng

Madidaba Game Lodge and Conference Centre

"Dinokeng is 'n pragtige area met wonderskone sonsondergange."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Keep it up, Dinokeng Nature Reserve is wonderful."

Dinokeng

Tamboti Bush Lodge

"The Dinokeng map was wrong so we ended up driving in circles for a while. Dinokeng is close to Pretoria which makes the drive short and easy. We did not see a lot of game, perhaps due to the tall grass."

Dinokeng

Mooiplasie Bush Camp

"As jy nog nooit in die Wildtuin was nie, gaan kuier in Dinokeng. Dis regtig elke sent werd."

Dinokeng

Cullinan Diamond Lodge

"Oulik - 'n besoek werd!"

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Ons sal definitief weer gaan kuier"

Dinokeng

Beka Idube

"Die een ding wat my wel gepla het, is dat Beka Idube buite die Dinokeng Natuurreservaat val. Ons voel dat ons bietjie om die bos gelei is omdat ons gedink het dat ons binne/naby die reservaat gaan tuisgaan. Dit val wel binne die 'Greater Dinokeng area" - wat eintlik nogal groot is. Ons is baie lief vir die Dinokeng Natuurreservaat en het spesifiek gesoek vir blyplek binne die reservaat; Beka IDube was amper 40 km via 'n grondpad na die Dinokeng Natuurreservaat se "self drive" area. Ons voel dat dit dalk meer promenent op die beskrywing behoort te wees."

Dinokeng

Ngiri Safaris

"Dinokeng is perfek vir 'n naweekwegbreek. Naby en baie maklik om te bereik. "

Dinokeng

Beka Idube

"Dit is lekker naby vir ons om vir 'n naweek weg te gaan."

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Ons het nie groot wild gesien nie, so ek dink daar is te min. 'n Mens ry ook nogal baie onder kragkabels, iets wat ek voor die tyd sou wou weet. "

Dinokeng

OuKlip Game Lodge

"Was heerlik om self rond te ry en wild te gaan kyk en ons sal weer gaan! Goeie waarde vir geld! Het baie wild gesien, behalwe olifante, maar hopelik volgende keer. "

Dinokeng

Cullinan Diamond Lodge

"Bietjie aan die stil kant, verwarring met paaie agv gebrek aan aanwysings."

Dinokeng

Cullinan Diamond Lodge

"Was baie droog agv van watertekort en droogte. Cullinan is 'n pragtige ou myndorp. "

Dinokeng

Die Pampoenpaleis

"Die verskydenheid besienswaardighede en wonderlike natuurlewe is eenmalig."

Dinokeng

Kohandè Glamping

"Gerieflik naby aan Johannesburg en Pretoria. Ideaal vir 'n naweekwegbreek."

Dinokeng

Koedoesrus Boskamp

"Dinokeng is an easy drive from Johannesburg and is a lovely park. It's true that the game is quite sparse but we still saw quite a few animals and some wonderful birdlife. We had a very relaxing and enjoyable day out on the self-drive route. For what you pay and the ease of access the park is good value for money and definitely a good place for a long weekend."

Dinokeng

Lobatse Camp

"Hulle kan dalk die GPS-aanduidings opgradeer en die damme en riviere beter aandui."

Dinokeng

Rooison

"There is still plenty to explore."

Dinokeng

Sunset Bush Camp

"Dinokeng is 'n natuurreservaat wat maklik bekombaar is vanaf Pretoria of Johannesburg. Die reservaat is groot en het baie paadjies en 'n groot verskeidenheid wilde diere. Ons het ongelukkig nie enige van die Groot Vyf gesien nie, maar dit was baie ruig. Dinokeng kan beter bemark word, aangesien ons glad nie geweet het wat om te verwag nie en hoe dit werk as jy eers daar aankom nie. Ons ken ook baie min mense wat al daar was, al bly ons in Pretoria en dis al vir 6 jaar oop. Die afsonderlike kampe word baie bemark maar nie die reservaat self nie. Die paaie is ook bietjie rof vir 'n gewone Sedan, maar verder was dit baie lekker."

Blad
Blad 16 - Wys 451 tot 480
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem