Geverifieerde Resensie
Green Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Green Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 497 resensies.
"Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word."
"Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie."
"Hoofpad bietjie bedrywig met lorries in die nag. Bietjie moeilik om uit die lodge uit te kom in die hoofpad in, van die plante belemmer die sig van aankomende verkeer. "
"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."
"Pragtige skoon dorpie met pragtige omgewing wat beslis 'n besoek werd is. Naby die roete na Augrabies en Kgalagadi Nasionale Park."
"Baie goeie ligging, naby die Kalahari Mall en dorp, asook naby die hoofpaaie. Ook stil en rustig."
"Daar is nie veel te doen in Kakamas nie behalwe die Pienk Padstal en die Oranjerivier brug. In Keimoes is ook nog die ander bekende droë vrugte padstal en verder is daar ook nie veel anders te sien nie. Kakamas is 'n lekker stilhouplek op pad na of vanaf Augrabies."
"Meerkat Compound was the only establishment I stayed in that had a 'Newspaper' for Tourists describing various routes and activities in the are and beyond similar to Midlands meander. Well done, I will be back to see some of the things described in this Tourism Guide."
"Woonbuurt stil en rustig genoeg om te voel jy is op die platteland, tog naby genoeg aan sakekern."
"Dorp kan beter bemark word. Dele van die dorp is ook baie vuil. Daar sal ook gekyk moet word na veiligheid in die dorp."