Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 758 reviews.
"Net te veel eetplekke. My gewig is weer mooi op pad suide toe. Maar is dit nie waarvoor vakansies is nie?"
Marina Martinique, Jeffreys Bay
Marina Martinique B&B"Die ligging is beslis 'n pluspunt en dit is baie stil en rustig."
Marina Martinique, Jeffreys Bay
Marina Martinique 1297"Ons het heerlik gekuier by Marina Martinique."
Marina Martinique, Jeffreys Bay
Marina Martinique B&B"Fantasties - vyfster-gehalte in alle opsigte."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "
"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
Marina Martinique, Jeffreys Bay
17 Claptons"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "
"Ons kom heeltemal te veel daar, ha ha! Kry nie kans om ander plekke te sien nie. Geniet Jeffreys vreeslik baie. Was nou twee keer binne 6 maande daar."
Marina Martinique, Jeffreys Bay
Milkwood 218"Dis nie in Jeffreysbaai nie en jy moet deur 'n informele nedersetting soontoe ry."