Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Soos vele plattelandse dorpe in Suid-Afrika, is dit jammer dat die dorp en paaie uitmekaarval. Dit is eintlik tragies maar mens kan sien privaat ondernemings probeer hul bes om dit staande te hou."
"Alles was mooi, effektief en privaat. Die buitegeboue en aansigte het opknappingswerk nodig."
"Beste klein dorpie ooit, slaap elke keer daar oor op pad Kaap toe sal nêrens anders oorbly nie."
"Ons geniet die skoon en netheid van die dorp. Voel heel veilig. Geniet ook die omliggende areas."
"Graaff-Reinet 'n juweel in die Karoo verseker - voel of mens terug in tyd toer op 'n goeie manier."
"Die paaie is verwaarloos, maar daar was genoeg getuienis van 'n interessante dorpie op ons baie kort besoek."
"Baie stil. Asemrowend, 'n regte Karoo-gevoel, maar voel tuis met gasvryheid. Wou nie vertrek nie."
"'n Klein dorpie met soveel karakter waarop mens dadelik verlief raak. Defnintief 'n bestemming om te besoek."
"Aberdeen is 'n netjiese dorp met vriendelike mense. Wens ons kon nou al inspring en help om dit die dorp te maak wat kan kompeteer met die beste toerismedorpe."
"The town is not what my expectation was being my first visit, seems to have gone backwards, a real pity since it has such historical value."
"Vosburg het 'n baie mooi kerk. en is goed versorg en 'n regte plattelandse dorpie waar alles netjies en versorg is. Dankie dat ons Vosburg kon ervaar."
"Nie veel om te doen nie, maar lekker om oor te slaap op pad Kaap toe!"
"Te klein regtig vir 'n toerisme aantreklikheid. Uitstekend vir oorslaap en rus."
"You definitely need to spend more than one night to explore what Prince Albert has to offer. Beautiful unspoilt, scenery. The best SA has to offer."
"My tuisdorpie met 'n nuwe baadjie aan. Wat kan ek sê, dit bly die beste dorp met baie om te bied in die land. Duidelik bly die pryse nie plattelands nie, maar dan weer, almal moet lewe en is niks regtig buitensporig nie. Prins Albert en omgewing bied iets vir almal - enkellopendes, gesinne en ouer mense en buitelandse toeriste - vra net en almal is vriendelik en behulspsaam. Minstens is die dorp ook baie mooi skoon - ander Karoo- en plattelandsedorpe steek erg af."
"Noupoort is 'n klein dorpie en mens kan darem meeste van wat mens wil hê daar kry."
"Ons kyk met nuwe oë na Graaff- Reinet. Defnitief nie net 'n deurry plek nie. Vallei van Verlatenheid en die Camdeboo beslis die moeite werd."