Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1885 resensies.
"In Montagu is daar meer om te doen as wat dit op die oog af mag lyk. Bo en behalwe die warmwaterbronne is daar talle ontspanningsgeleenthede. Die groot en vol karavaanpark is 'n duidelike bewys dat talle mense al bewus is hiervan. Doen maar die navorsing."
"Oudtshoorn saam met die Klein Karoo hou altyd 'n bekoring in. Ai maar die kangogrotte is 'n telleurstelling. Wat het gebeur?"
"Vriendelike dorp en mense. Heerlik in die strate geloop en kuier. Pragtige berge."
"Gratis trekkerritte as jy Cape Dry Fruit besoek op ’n Saterdag- of Sondagoggend om 11:00."
"Such a beautiful little town, and extremely tidy and neat. We attended a Golf Day at the Montagu Golf Club, and the people were just so friendly and well mannered. Wish we could have stayed longer."
"’n Besoek aan Montagu is 'n moet - dit is een van die mooiste dorpies in die Klein Karoo. Die berge is asemrowend mooi en die varsheid van die omgewing het 'n kalmerende invloed op enige besoeker en inwoner."
"Net jammer die plek is nie langs die see nie, anders sou ek onmiddellik eiendom daar gekoop het vir ons aftrede."
"Mooi skoon dorpie, oulike eetplekkies! Ons kon kos bestel wat by ons afgelewer is, baie lekker en gerieflik."
"Interessante besienswaardighede in 'n mooi, baie skoon en netjiese dorp."
"Wow! Verrassende tuiste en dorpie. Geskiedenis ryk, soos onder andere Kanonkop se kanon. Droë vrugte! Ou geboue en oudhede."
"Lieflike Karoodorpie. Vriendelike mense en mooi en interessante toerisme-aantreklikhede. Het ook baie lekker by Jamima's Restaurant geëet."
"The town is so well equipped for holiday makers and for families. Well done to the town and staff for making it a wonderful holiday place for locals."
"Ons het 'n paar ongelooflike dinge gedoen gekry en daar is beslis nie 'n tekort aan goed om te doen nie. Ons het 'n ongelooflike lekker naweek gehad."
"De Rust is n klein dorpie met karakter. Ons het ontbyt by Ray's baie geniet en het alles wat ons nodig het gekry by die Sentra."