Geverifieerde Resensie

Klein Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.

De Rust, Klein-Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"Ons sal beslis terugkom na De Rust, dit is 'n netjiese Karoo-dorpie met baie om te sien en doen op die dorpie self en omliggende omgewing."

Montagu, Klein-Karoo

Olive Stone Farm - Olive Cottage

"Pragtige dorpie, die museum in die hoofstraat in die ou kerk is 'n besoek werd. Veral as jy nostalgies is oor toentertyd se dinge!"

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Langenhoven B&B

"Dis 'n baie netjiese en skoon dorp.mHulle doen baie moeite om hul ou geboue netjies in stand te hou. Lekker eetplekke en vriendelike mense."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Oppi Dam

"Sal alles gee om daar te gaan woon. Ons grootste droom."

Vanwyksdorp, Klein-Karoo

Watermill Farm Cottages

"'n Plek waar jy weer net kan wéés, rustig en in eenvoud, met baie gasvrye inwoners!"

Montagu, Klein-Karoo

Anchorage Inn Guesthouse

"Ongelukkig was ons te kort daar om baie kommentaar te lewer, maar daar waar ons was is ons met soveel vriendelikheid en gasvryheid ontvang dat ons besluit het om beslis vir meer as 1 nag terug te keer na Montagu."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Karoo Bederf

"Dis 'n oulike dorp met genoeg om te doen. Daar is als wat mens wil hê behalwe 'n fliek. Maar nogmaals is dit 'n lieflike plek."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Cango Accommodation Units

"Baie om te doen en jy kan maklik vir 4 of 5 dae in Oudtshoorn bly."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Bisibee

"Oudtshoorn het 'n pragtige atmosfeer. Hulle gaan uit hulle pad om toeriste so gemaklik as moontlik te laat voel. Interessante aktiwiteite om te doen in hierdie dorp. Mense vriendelik en rustige omgewing. Pragtige uitsig van berge."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Queen’s Hotel by BON Hotels

"Baie warm en baie koud. Lekker."

Klein-Karoo

Shanzeley Guest House

"Pragtige grondpaaie orals maak dit maklik om gebied te verken en dis heel ontspannend om verby al die karoo plase te ry en te sien hoe almal saamwerk en leef. Meeste paaie na en van Baviaanskloof is ook in uitstekende toestand en maak vir aangename motorrit."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Queen’s Hotel by BON Hotels

"Lieflike dorp baie vriendelik, skoon en netjies."

Montagu, Klein-Karoo

Montagu Springs

"Beautifully unspoiled and peaceful place with extremely pleasant locals."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Oasis Shanti Backpackers

"Oor die algemeen sal ek die dorp weer besoek en net meer navorsing doen rakende bestemmings wat meer SA mense vriendelik is met hulle prysklas. Te veel word gedoen vir mense wat met dollars en euros kom kuier."

Montagu, Klein-Karoo

Porcupine Peak Farm

"Die mense wat ons terloops ontmoet het was werklik warm vriendelike mense! "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Van Biljon Cottage

"Baie skoon en netjies, net bitter koud gedurende Julie. "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Greeff Cottages

"Baie vriendelike inwoners in Oudtshoorn. Sal weer kom."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Die Fonteine Country Guest House and Glamping

"Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Klein Karoo Game Lodge

"Moeite werd om 'n dag te spandeer."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Amanda's Cottage

"Ons het dit as baie rustig ervaar."

Klein-Karoo

Amber Lagoon Backpackers Lodge

"Karoo is vir seker 'n moet-doen ervaring. Die winterfees in Calitzdorp is anders as al die ander gewone feeste in die omgewing. Oudtshoorn bied groot verskeidenheid aktiwiteite vir toeriste."

Montagu, Klein-Karoo

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"A beautiful town with stunning scenery and many opportunities for hiking."

De Rust, Klein-Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"Baie potensiaal en mooi Karoo-dorpie."

Montagu, Klein-Karoo

Badensfontein

"Sentraal geleë en baie mooi."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Kranskloof Country Lodge

"'n Dorp met sy eie geskiedenis en geheimenisse. 'n Tuiste vir almal."

Blad
Blad 49 - Wys 1441 tot 1470
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang