Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7920 resensies.
"Ons het nie te lank in Victoria-Wes gebly om 'n goeie objektiewe skryfstuk te gee oor die area nie. Ek kan wel noem dat dit baie plattelands is."
"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "
"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "
"Bemarking van ontspanningsaktiwiteite, indien beskikbaar in onmiddellike omgewing, of voorsiening daarvan sal Augrabies 'n beter toerismebestemmingvir gesinne maak aangesien die waterval beperkte besienswaardigheidswaarde of ontspanningswaarde het en besoekers dus nie genoeg redes gee om langer as 1 of 2 nagte oor te bly nie. "
"Carnavon is nie 'n vakansiedorp nie, maar Loxton is wel 'n interessante plekkie om te besoek. "
"Pragtige dorpie. Het heerlik geëet by die Plattelander Restaurant. Wens ons kon langer vertoef."
"'n Pragtige dorp met heelwat om te doen en sien. Baie veilig en hulle sal my weer sien."
"Jammer dat ons nie by aankoms of vertrek die Richhmond Book Town Headquarters kon oop vind nie."
"Hou julle naam so hoog. Dit was n plesier gewees om daar te oornag. Colesberg is 'n klein plekkie met warm harte. "
"'n Rustige dorp met vriendelike mense en die ideale ligging vir 'n oornagplek na 'n lang reis."
"Vir 'n reis vanaf Kaapstad na Johannesburg, is dit 'n perfekte oornagstop om tydens die lang rit te rus. "
"Lekker by the Plattelander-restaurant op Oujaarsaand geëet. Vriendelike mense, goeie diens en waarde vir geld."
"Colesberg is 'n ideale oornagbestemming - net jammer daar word nie genoeg gedoen om die kwaliteit te verbeter nie."
"Die waardering vir die geskiedenis en mooi geboue sal ek beslis aanbeveel. Ons het vanaf Victoria-Wes na Loxton gery - die mooiste kerk, die Rooi Granaat en Deon Meyer se huis. Daarna het ons deur Carnavon gery en die afdraai na die SKA geneem om na die satelliete te gaan kyk (besig met padwerke op die oomblik)."
"Kamamas was waarlik 'n verrassing vir ons gewees. Ongelukkig was van die kelders toe gewees, maar steeds is daar heelwat te doen en te sien. Augrabiese watervalle is 'n moet, en die personeel van Die Mas van Kakamas Kelders het ons op die hande gedra!"