Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16426 resensies.
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Piekenierskloof Mountain Resort - Dream Resorts"Dis een van die warmste plekke wat ons nog ooit besoek het, maar 'n oulike dorpie."
"Bietjie verwaarloosde dorpie, maar met 'n baie lekker hotel wat 'n uitstekende restaurant het."
Malmesbury, Ontsnap Uit Kaapstad
Dassenheuwel Farm Stay"Ons is mal oor die Malmesbury-omgewing. Dis altyd lekker om soontoe toe gaan. Die mense is altyd vriendelik en verwelkomend."
Stilbaai-Oos, Ontsnap Uit Kaapstad
Osler Place Self-Catering"Lieflike strand en lagoon. Baie interessante inheemse tuin met inligtingstukke reg voor Osler Place. Weggesteek in die industriële area van Stilbaai Oos, is daar 'n slaghuis met die lekkerste wors."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Swept Away Guesthouse"Yzerfontein was nog altyd een van my gunstelingvakansieplekke."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Afri Spaans"Bientang Cave is a beautiful restaurant and the food is divine. The sea water splashes towards you against the rocks as you sit with an amazing view enjoying your meal. Grotto Beach is a quiet beach and perfect for families. The water is clear from rocks and just beautiful on a sunny day. There are also life guards constantly patrolling the area and advising the people where it is safest to swim."
"Miskien moet hulle kyk om in 'n mediese hospitaal te investeer, alhoewel die staatshospitaal nie te sleg was nie."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Seeduiker"Langebaan is mooi en het heelwat eetplekke, toeristewinkels en -stalletjies. My tyd daar was maar winderig. Club Mykonos is mooi en Dockside op die marina is prentjiemooi. Ek glo jy het so 'n week daar nodig om alles te sien en te bekyk. "
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Seaside Historical Cottage"Kleinmond is 'n tipiese kusdorpie en vir ons (ouer mense) was dit voldoende,maar vir die jonger geslag was dit soms bietjie vervelig. Ek sou dit nie wil verander nie, want dan verander 'n mens die karakter van die dorpie."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Kunje Guest Farm"Grondpaaie na van die gasteplase soms ongemaklik."
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Middeldam Farm House"Bredasdorp het ons verras. Dit is baie groter as wat ons verwag het. 'n Stop by die John Deere handelaar was 'n hoogtepunt vir my kinders. Ons het na al die nuutste trekkers gaan kyk en hulle monde het oopgehang! Die dorp is baie netjies en die mense baie vriendelik."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Montavigus Self-Catering"We visited Hermanus for the 5th time. We love this town!"