Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.32 uit 5 gekry volgens 2877 resensies.
Annelise B. - 14th October 2018
staying in Oviston , Oos-Kaap
Indien vrede gesoek word is dit ideaal.
Elsie J. - 13th October 2018
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Ouwêreldse bekoring met vriendelike en behulpsame inwoners. Die plaaslike inwoners probeer jou nie uitbuit omdat jy 'n vakansieganger is nie. Dis nog veilig om in die strate te stap.
Andrea F. - 13th October 2018
staying in Joubertina, Oos-Kaap
Baie oulike dorp. Iets van als. Alles wat mens nodig het, veral as jy uit die stad se gejaag wil kom.
Henriêtte V. - 11th October 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige, goedversorgde, skoon dorp.
Mariaan B. - 10th October 2018
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Oulike, pikante dorpie. Dis een van daai plekkies wat almal ten minste een keer in hul lewens behoort te besoek.
Charmaine R. - 10th October 2018
staying in Fernglen, Oos-Kaap
Quiet and safe area.
Tersia A. - 9th October 2018
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda is 'n klein juweel en absoluut die moeite werd om te besoek.
Marius L. - 8th October 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet hou vir my 'n besondere bekoring omdat ek die voorreg gehad het om daar te studeer as 'n aspirant-onderwyser. Die hele dorpie is so mooi en netjies, die mense is nog steeds na al die jare vriendelik en gaaf, die kuierplekke is nou natuurlik baie meer volop, nog steeds gasvry en billik in prys en kwaliteit van aanbieding. Ek sal môre soontoe aftree as die geleentheid sou kom.
Johanna V. - 8th October 2018
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
My love story with this little town continues. Always explore Miss Helen's vision, but also go eat the lamb roast at Waenhuis and pop in for a church service on a Sunday morning. Just because. And don't forget the platter at Two Goats and rugby at Ramstal, whether you watch sports or not!
Daan L. - 8th October 2018
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Eetplekke is nie baie goedkoop nie.
Elmien V. - 8th October 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Juweel van die Karoo!
Willie P. - 8th October 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie rustig gewees, sal dit weer wil doen.
Jaco L. - 7th October 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Eet gerus by Pioneer Restaurant, puik kos, billike pryse, puik, vriendelike kelners. Eienaares/bestuurder puik en hands-on.
Phillipa I. - 6th October 2018
staying in Cradock, Oos-Kaap
Lovely, quaint town with an amazing national park very close to town.
Sara V. - 6th October 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie mooi toeristebestemming.
Thys D. - 4th October 2018
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Dit lyk na 'n lekker Karoo-dorp, maar ongelukkig het ons net een nag oorgeslaap.
Dirk D. - 4th October 2018
staying in Walmer, Oos-Kaap
Walmer as sulks sien ek nie as 'n toeristebestemming nie, maar dit is ideaal geleë t.o.v. die groter Port Elizabeth toerisme-area.
Igna L. - 3rd October 2018
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Net die plek wanneer mens van die gejaagde stadslewe wil wegkom.
Louise K. - 2nd October 2018
staying in Selborne, Oos-Kaap
Doen jouself 'n guns en gaan eet iets by Jules on Jarvis! Besoek ook die Craft alcoholic shop en probeer die bier, gin, ens.
Johan G. - 2nd October 2018
staying in Cradock, Oos-Kaap
Dis 'n pragtige dorp met vriendelike mense en 'n fantastiese mooi skool en kerk. Regtig die tyd werd om daar te spandeer.
Elaine V. - 2nd October 2018
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Pragtige klein dorpie. Ons kon ons oë nie glo nie toe ons vanaf die kaal gelyktes met die pas opgaan en voor ons lê die dorp volop met bome, blomme en struike. Ons kon 10 van hulle tuine besigtig teen 'n fooi van R75, alhowel 5 daarvan net op afspraak was en hulle telefone is nie beantwoord om afsprake te maak nie. Ons is ook aangeraai om eerder middel Oktober te kom wanneer die blomme in volle blom is. Sal beslis weer kom kuier veral as daar sneeu is want dit lyk dan glo prentjie mooi.
Christopher N. - 2nd October 2018
staying in Cradock, Oos-Kaap
Everything you need is close-by, short distance, the traffic not too busy, schools near to each other. Our first time in Cradock, we will come again.
Alan C. - 1st October 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
I was a bit disappointed by Graaff-Reinet, we found the town quite littered and many of the street names and signs are missing. More importantly some of the monuments are defaced and there appears to be a growing indigent problem. We did arrive on Friday afternoon at the end of the month on the start of a long weekend and the shops were very busy. We did some shopping on the Saturday and without exception the shop attendants were polite and helpful. On our way back the following Thursday the town appeared much cleaner.
Cobus G. - 1st October 2018
staying in Theescombe, Oos-Kaap
Stil woonbuurt.
Amelia B. - 30th September 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
People are great.
Mareli H. - 30th September 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons het maar 'n kort tydjie in Graaff-Reinet kon spandeer en kon dus nie wyd verken nie. Ons kon wel inpas om na die Vallei van Verlatenheid te gaan. Dit is werklik 'n moet sien en ervaar. Die Nasionale Park se personeel was ook aangenaam en behulpsaam.
Marina V. - 28th September 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Interessante ouderwetse dorpie met die mooiste, mooiste kerk.
Mari D. - 28th September 2018
staying in Cradock, Oos-Kaap
Vriendelike mense.
Milda O. - 27th September 2018
staying in Maclear, Oos-Kaap
Het net hier oorgeslaap. Sal definitief teruggaan om meer te sien.
Helen L. - 27th September 2018
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Baie vriendelike mense en voldoende verblyf en uiteetgeriewe.
Piet V. - 26th September 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Ons sal graag meer tyd wou hê om daar te spandeer.
Dianne H. - 26th September 2018
staying in Oviston , Oos-Kaap
Rustig, weg van die stad se gejaag, kan jou siel gaan vind.
Nolinda P. - 25th September 2018
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Strate is vol gate. Moeilik om gate mis te ry. Natuurskoon is wel asemrowend.
Willa B. - 25th September 2018
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Restaurante in die hoofstraatjie is belaglik duur. Kies eerder die afegeleë plekkies en gaan soek na plekkies soos Away with the Fairies. Baie unieke pub met die heerlikste pizza en mooiste uitkykpunte, staproetes en kampeerplek.
Jan V. - 25th September 2018
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nogal verras met die dorpie en wat daar alles te sien is.
Elmarie J. - 25th September 2018
staying in Stutterheim, Oos-Kaap
Rustige plekkie. As jy ontspanning nodig het, is dit die plek om na toe te gaan.
Marilize V. - 25th September 2018
staying in Cradock, Oos-Kaap
Ons reis nou al 13 jaar deur Cradock en dit het hierdie keer werklik vir ons vuil gelyk i.t.v. papiere en plastiek wat rondlê. Die dorp word regtig onnet.
Hardy O. - 25th September 2018
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Baie oulike plattelandse plekkie.
Heilha M. - 25th September 2018
staying in Oos-Kaap
Rhodes en Barkley-Oos distrik is 'n moet sien.
Heleen C. - 25th September 2018
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Was baie verras oor hoe skoon die dorp is. Opvallend baie straatkinders wat bedel.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za