Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 486 resensies.
"Die hawe en nywerheid doen bietjie afbreuk aan die uitsig en die natuurskoon, maar tog is die area rustig en vars."
"Was redelik aangesien hul poog om paaie in stand te hou en dorp skoon is. Daar is nog ruimte vir verbetering. Kyk nie mis dat hul regtig probeer nie."
"Langebaan, beslis 'n moet. Omliggende area (Paternoster), het nou 'n verleentheid geword."
"Die toiletgeriewe is baie netjies. Dankie vir die werkers van die plaaslike munisipaliteit."
"Baie goed, sal enige tyd in enige van die Weskusdorpies permanent gaan woon of vakansie hou, omrede die dorpies en paaie baie mooi netjies en skoon is. Ons het baie veilig gevoel in die gebiede. Sal dit sterk aanveveel vir enige iemand."
"It's a great place with a very hot weather. I don't know if they have any activities in the area."
"Dorp baie vuil. Munisipaliteit kan asb. net bietjie beter kyk om dromme leeg te maak. Dromme vol en mense gooi hulle papiere orals. Baie teleurgesteld dat die strande ook so vol papiere en plastiekbottels is."