Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Valley Of The Olifants

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Valley Of The Olifants bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1018 resensies.

Tzaneen, Vallei Van Die Olifante

Blue Bell Guesthouse

"'n Pragtige dorp, sal graag volgende keer langer daar kuier."

Phalaborwa, Vallei Van Die Olifante

Arimagham Guest House

"It's the people that make Phalaborwa great."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Loerie Guest House

"Was te kort in die omgewing. Baie lekker geëet by Sleepers. Pad na Lydenburg deur Strydomtonnel asemrowend. Pad vanaf Lydenburg na N4. Nie geskik vir klein motortjie nie. Baie padwerke en lang stuk grondpad."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Cosy Cottage

"Ongelukkig nie baie tyd gehad om Hoedspruit te verken nie, het basies net daar deurgery."

Phalaborwa, Vallei Van Die Olifante

Silonque Bush Estate & Spa

"Town is entrance to Kruger and has supermarket and petrol station. "

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Pezulu Tree House Lodge

"Ek en my man hou van die berge in die omgewing. Hy kan nie genoeg kry van die berge nie, hy bewonder die natuurskoon baie. En daar is soveel dinge om te besoek in die omgewing dat een dag vir alles net te kort sal wees."

Balule Natuurreservaat, Vallei Van Die Olifante

Amukela Game Lodge

"Baie lekker! Alles gesien wat ons wou. "

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Mist of Gold

"Hoedspruit is 'n pragtige dorp, weggesteek tussen die bome, lekker klimaat, en heerlike eetplekke, veral Sleepers se kos en atmosfeer is onverbeterlik. Sal weer en weer teruggaan."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Ngama Tented Safari Lodge

"Jammer dat toeristewinkeltjies op Sondae gesluit is in Hoedspruit."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Ngama Tented Safari Lodge

"Ek glo daar is genoeg om te doen en te sien in Hoedspruit. Ons was ongelukkig net vir 2 dae by Ngama Lodge en het verkies om nie rond te ry vir besigtiging nie. "

Arbor Park, Vallei Van Die Olifante

Tzaneen ArborPark Lodge

"Sal dit moontlik weer gebruik indien ons Tzaneen toe gaan."

Tzaneen, Vallei Van Die Olifante

Mowana Game Farm

"Die pad voor Tzaneen in die nag is baie sleg. Die ander padgebruikers stoot jou van die pad af. Tzaneen se weer is baie lekker. Verder het ons nie eintlik iets van die dorpie te siene gekry nie. "

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Cosy Cottage

"Lewendige plekkie baie toeriste en oulike winkels. Die mense is vriendelik en daar is baie eetplekke. Naby die Krugerwildtuin se Orpen hek. Naby Swadini Vakansieoord."

Tzaneen, Vallei Van Die Olifante

Tarentilos Country Venue

"We enjoyed our stay, awesome place to visit."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

House 50 Blyde Wildlife Estate

"Die area is baie mooi, en interessant. Daar is baie om te doen en te sien. Die enigste negatiewe kommentaar wat ek het, is die toestand van die paaie. Die slaggate sal my twee keer laat dink voordat ons sommer sal teruggaan."

Aqua Park, Vallei Van Die Olifante

La Barune Guest House

"We enjoyed our stay and it felt very safe at all times."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Mist of Gold

"Pragtige omgewing en naby al Limpopo se besienswaardighede en nie te ver van Krugerwildtuin af nie."

Phalaborwa, Vallei Van Die Olifante

Arimagham Guest House

"Vlak bij Kruger en er is genoeg te doen, als je niet naar Kruger wilt. Leuke restaurants. Kortom, ook de volgende keer starten we weer hier! Jan en Janneke"

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Clivia Cottage

"Ons was baie verras oor die netheid, goeie strate en al die besighede wat in Hoedspruit is. Sal verseker volgende keer ons inkopies in Hoedspruit doen voor ons by die Orpen hek van die wildtuin ingaan in plaas van op Lydenburgh."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Little Carthage

"Hoedspruit is pragtig. Dit is beslis 'n plek wat almal moet besoek."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Pezulu Tree House Lodge

"Great plek, kyk na eiendom in die area."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Blyde River Cabin

"Deurdat dit grens aan die wildtuin, die Blyderivierdam en besondere mooi natuurtonele, gaan Hoedspruit baie groei as toeristebestemming."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Idube River Lodge

"Hoedspruit is 'n baie klein dorpie. Perfekte plek om weg te breek van die besige lewe."

Hoedspruit, Vallei Van Die Olifante

Matumi Lodge

"Hoedspruit is in 'n pragtige omgewing en is naby aan Blyderivier Canyon waar ons die Drie Rondawels besoek het, sowel as die Echo Grotte."

Blad
Blad 33 - Wys 961 tot 990
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem