Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7961 resensies.
"Baie meer as wat ek verwag het. Sou graag langer daar wou spandeer om die omgewing beter te leer ken."
"Natuurskoon, klein dorpie, maar alles is daar, en nog meer. Goed vir 'n biker stopover en die mense wat graag die Vaaldam wil besoek. Goeie biltong!"
"Fassinerende dorp, vriendelike en behulpsame mense. Dit was die moeite werd om die dorp te leer ken. Lekker gebly."
"Naby geleë aan groot winkelsentrums, sportstadions, hospitaal en universiteit. Stil voorstad van Bloemfontein en heel gepas vir gastehuise."
"Straat aanwysing is nie aangebring op alle paaie nie, dit bemoeilik om vinnig by adres uit te kom."
"Parys se winkeltjies was altyd uniek, maar dit raak nou afgewater elke winkel het dieselfde produkte, eetplekke is ook nie op standaard en diens nog minder."
"Dis waarlik die Vrystaat se juweel. Dis enige toeris se droombestemming!"
"Clarens is die perfekte naweekwegbreek. Het heerlik gekuier met goeie kos en drinkgoed. Clementines het die beste "pork belly" en heerlike "gin on tap". The Posthouse kry die vriendelikste diens-toekennning, want selfs my klein hondjie was behoorlik op die hande gedra. Ons sal meer gereeld moet kom kuier."
"If you are looking for a relaxing weekend or a place to explore our beautiful countryside then Clarens is the place to visit. Beautiful local shops and many restaurants."
"Ons kan beslis Die Plaasstoep aanbeveel vir enige etes. Die kos is heerlik!"
"Ons het ervaar dat die kelners en kelnerinne se kliëntediens swak is en hulle vat lank om by mens uit te kom. Hele paar eetplekke wat sal moet werk daaraan."
"Goed geleë vanwaar die reisiger gemaklik die Vrouemonument en Ooorlogsmuseum kan besoek. Voorts kan President Brand-straat met sy geskiedkundige geboue (Ou Raadsaal, Appélhof, MT Steynhuis, Stadsaal) en selfs Navil Hill, gemaklik besoek kan word."
"Baie rustige en mooi dorpie, presies die tipe plek waar jy wil gaan om bietjie te rus."