Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 4584 resensies.
Belinda T. - 24th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Juweel van 'n dorpie en so skoon.
Karin J. - 23rd December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi dorpie omring met berge en almal vriendelik. Mens moet net besef omdat dit gewild is, is die koste van uiteet, inkopies ens. nie goedkoop nie.
Chimone B. - 22nd December 2018
staying in Noordelike Vrystaat, Vrystaat
Mooiste dorpie - Parys. Gaan besoek gerus O's Restaurant - onder teenaan die Vaalrivier 'n "cocktail bar" (Die Plek). 'n Móét doen aktiwiteit is die river rafting op die Vaal - beslis 'n avontuur om te onthou.
Tanya G. - 22nd December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Altyd die moeite werd om 'n paar dae hier te vertoef. Hier is iets vir almal om te doen. In die kostelike dorpie is daar baie winkeltjies om in te kyk, heerlike restaurante om in te eet en moenie vergeet van Clarens se eie brouery met 'n wye verskeidenheid biere om te proe. As jy genoeg gehad het van winkels, is daar ook baie aktiwiteite vir die avontuurlustiges. Zip-line deur die bome of witwatervlotry af met die Asrivier wat jaarom water in het as gevolg van die Caledon-watertonnel vanaf die Katsidam in Lesotho. Net 'n paar kilometer buite die dorp is ook die pragtige Golden Gate met staptoere en rytoere. So 'n pragtige deel van ons land!
Antoinette J. - 22nd December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Te min algemene winkels. Kort 'n Spar of 'n OK of Pick 'n Pay of so iets. Die algemene handelaar het monopolie en alles is belaglik duur.
Tanya G. - 22nd December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Altyd heerlik! My kinders en kleinkinders het ook op die dorp gebly. Ons het lekker in die winkeltjies rondgekyk, vars gebak gekoop by die bakkery, koffie gedrink en 'n bier of twee gedrink by die brouery. Verder het ons gezip-line deur die bome en seker die beste ervaring was die witwatervlotvaart af met die Asrivier. 'n Avontuur vir oud en jonk. Ek beveel die dorpie sterk aan. Altyd iets om te doen en geleë in so 'n mooi omgewing. Moenie vergeet dat Golden Gate ook net om die draai is!
Ruan S. - 22nd December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Fantasties, skoon en almal is baie vriendelik.
Japie K. - 22nd December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige plek en 'n die omgewing is so mooi en kalmerend op 'n persoon. Hemels.
Riana T. - 22nd December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Dorp is baie mooi en skoon.
Japie K. - 21st December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige toeriste aantreklikheid. So rustig, veilig en vriendelik. Voorwaar 'n aangename belewenis.
Alba S. - 21st December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Lieflike plek.
Willanna G. - 20th December 2018
staying in Memel, Vrystaat
Baie onontginde skatte in dié deel van Suid-Afrika.
Khaya S. - 20th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Keep up the unique offerings.
Jacomin S. - 20th December 2018
staying in Noordelike Vrystaat, Vrystaat
Ons gunsteling weegbreekplek.
Tina M. - 19th December 2018
staying in Zastron, Vrystaat
Zastron is a small town but a great stop over if travelling from Durban to PE.
Riaan C. - 19th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Lekker eet plekke en bier.
Tanya V. - 19th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Nie vreeslik baie om te doen buiten drink en lekker eet nie, maar dit is 'n pragtige bestemming vir 'n vinnige wegbreek!
Cathy C. - 19th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Fabulous town which is very well geared towards visitors with excellent restaurants and a lovely, easy-going lifestyle. The cheese deli is a must!
Corrianne V. - 18th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Daar is baie om te doen en te ervaar. Mens moet werklik 'n paar dae daar bly om meer van die aktiwiteite te ervaar en uit te probeer. Mooi omgewing en baie skoon lug.
Dieter H. - 18th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtig, en die mense is deur die bank vriendelik en behulpsaam.
Minni B. - 18th December 2018
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Lekker warm!
Ahloma B. - 18th December 2018
staying in Kroonstad, Vrystaat
Ons gaan volgende jaar weer bespreek om in Kroonstad te bly vir 'n naweek in die vriendelike dorp.
Johan H. - 18th December 2018
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Naby die snelweg en daar is heelwat winkelsentrums in die omgewing.
David V. - 18th December 2018
staying in Vrystaat
Not sure what to do apart from the battlefields but perhaps we need to travel more in the Free State?
Hannes V. - 18th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Wonderlike dorp met kunstenaarssiel.
Le-anne J. - 17th December 2018
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Lovely suburb.
Carel M. - 17th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Lieflike dorpie met heeltemal te veel om te doen in net een naweek.
Bea-mari B. - 17th December 2018
staying in Universitas, Vrystaat
Goeie waarde vir geld.
Charles J. - 16th December 2018
staying in Quaggafontein, Vrystaat
Great for cycling and close to city.
Rozet N. - 16th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Overrated.
Dave E. - 15th December 2018
staying in Kroonstad, Vrystaat
Road surfaces generally poor.
Ellen P. - 14th December 2018
staying in Universitas, Vrystaat
Ongelukkig is dit nie meer ‘n versorgde en skoon woonbuurt nie.
Jan G. - 14th December 2018
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Netjiese omgewing.
Lasya V. - 13th December 2018
staying in Philippolis, Vrystaat
Ons sal graag weer wil teruggaan om hierdie netjiese, skoon dorpie beter te leer ken. Dit hou beslis die belofte in van 'n skatkis propvol geskiedenis, stories en dinge om te weet en te doen.
Lasya V. - 13th December 2018
staying in Glen, Vrystaat
Rustig en plattelands.
Vera W. - 13th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Lekker kuier plekke en golf baan.
Elrize O. - 11th December 2018
staying in Bethulie, Vrystaat
Oulike klein dorpie.
Zinhle N. - 11th December 2018
staying in Universitas, Vrystaat
Safer and quiet.
Nella M. - 11th December 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n juweel van die Oos Vrystaat en bly een van ons gunsteling vakansie plekkies.
Inez D. - 11th December 2018
staying in Spitskop Small Holdings, Vrystaat
Alles was baie mooi en skoon. Die restaurant op die perseel was ook uitstekend. Ek sal vir seker weer daar oornag.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za