Geverifieerde Resensie
Vrystaat
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vrystaat bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7630 resensies.
"Nogal 'n interessante dorpie met vriendelike mense. Net jammer die meeste van die winkeltjies se deure is toe, dan voel mens nie om in te stap nie. Verstaanbaar ook, want geen mens kan onbepaald wag op moontlike reisigers om die dorp te besoek nie."
"I was only in Welkom for a weekend, so it was my first visit. Difficult to tell. Too many roundabouts (circles). I found some drivers to be reckless, and inpatient. In general the place is friendly, but I did not visit any tourism sites."
"Dis jammer die provinsie en stad (Bloemfontein) het so verval, ek is gebore Vrystater en dit breek my hart. Glo nog altyd Bloemfontein en die Vrystaat het BAIE meer om toeriste te bied as wat tans beskikbaar is."
"Ons was al daar, maar dit was dié keer net nie dieselfde nie. Al die winkels was nie oop nie en die ander het ons nie aangestaan nie. Van die eetplekke was al vroeg toe - het wel toe plekkie gekry en lekker geëet."
"Clarens is a quaint and lovely little town. Support local tourism and look for an adventure every day that you are there. Treasures are bound to find you."
"Asemrowend mooi om die dorp en die lekkerste atmosfeer in die dorp. Beslis 'n meer gereelde plekkie om te besoek."
"Verskeidenheid van plekke om te eet en kuier. Wonderlike winkels en pragtige omgewing."
"Dit is my geboortedorp en alhoewel die strate nie na wense is nie, bly dit 'n pragtige plek."
"Die bietjie wat ons gesien het, was aangenaam en mens sal graag meer van Bloemfontein wil ondervind."
"Die teerpad Rosendal toe is moeilik en vol slaggate, maar dis die moeite werd. 'n rustige, mooi dorpie vol kreatiewe mense."
"Ons het opgelet dat Clarens in die 4 jaar wat ons laas daar was tot nou toe sy rustige stil strate en restaurante verloor het."