Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"Kon nie strand toe gaan nie weens nuwe Covid reels. Jammer, want dit is 'n baie mooi strand. "
"Vir die gemiddelde besoeker voel ons dat die restaurante en wegneemetes duur is. As jy Lambertsbaai besoek, wees voorbereid op die reuk wat van die voëleiland se kant af kom as die wind verkeerd waai."
"Lamberstbaai se mense is leflike en vriendelike mense. Bediening in die restaurante was almal tops. Die kos en verskeidenheid is puik. Self die mense by winkels is almal vriendelik en behulpsaam. Al wat aanvanglik gepla het was hier en daar mense wat bedel is die strate. Maar dit is maar ooral so en as hulle sien jy is streng, respekteer hulle dit. Ek dink Lambertsbaai is ideaal vir toeriste. Daar is alles wat mens nodig het."
"Nie baie om te doen nie. Moes elke dag Paternoster toe ry, om dit die moeite werd te maak."
"We only had a short stay but loved the harbor, Bird Island and Melkboskerm. We will be back!"
"Bly al 28 jaar in die Weskus. Die beste plek om te wees. Vriendelike mense en mooi plekke."
"Die mooiste sonondergang. Al wat gepla het is op 2 plekke wat ons gestop het, het die plaaslike inwoners gepla met dronkstories."
"Oasis met wonderlike oornagverblyf. Dorp self het geen toerisme aktiwiteite nie."
"Ons sal vir seker Yzerfontein weer besoek. Dis ‘n pragtige dorp met die beste see-uitsig."