Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6854 reviews.
"Paternoster is 'n pragtige dorpie. Ons kuier elke keer lekker daar. Heerlikste restaurante en 'n pragtige kuslyn."
"Muisbosskerm is 'n moet. Maar 'n mens gaan Lambertsbaai toe om te rus, daar is nie baie toeriste aantreklikhede."
"Had lunch at the Weskus Kombuis, fish and chips excellent, the Kookfontein sauvignon blanc, a pleasant surprise (did not know about the estate). Staff friendly and efficient."
"Dit is jammer dat soveel sorg geneem moet word om misdaad te verhoed. Dit het beslis 'n demper geplaas op ons verblyf in die mooie Paternoster."
"Ons het lekker geëet by Isabellas in die hawe en na die voëls gaan kyk op die eiland, neem R5 kontant saam om in te kom by die hawe en R40 kontant om op die eiland te gaan."
"Die dorpie het 'n bietjie lewe nodig, maar daar is lekker restaurante in die omgewing."
"Baie rustige klein dorpie. Daar gaan nie veel aan nie, wat vir my 'n goeie ding is! Lekker ontspannend. Pragtige strand!"
"Dit is net jammer dat Lambertsbaai, soos alle mooi plekke so agteruit gaan, maar 'n moet besoek vir elkeen wat nog nie daar was nie."
"'n Heerlike, rustige atmosfeer met vriendelike mense. Beslis 'n moet as jy daardie kant is. En baie sentraal geleë om uit te ry na Elandsbaai en Verlorenvlei."
"Die dorpie is stil en rustig. Presies wat 'n mens benodig as jy wil wegbreek van die stad se gewoel."
"Die Weskus is 'n uitsonderlike deel van SA. Dis altyd 'n bederf om daarheen te gaan."
"Onopgesmukte wegbreek plekkie, omring deur karaktervolle dorpies."