Geverifieerde Resensie

West Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.

Paternoster, Weskus

Komyntjie 2

"Baie mooi en rustig."

Paternoster, Weskus

Paternoster Hotel

"Een van die mooiste kusdorpies in Suid-Afrika! Kies goeie 'n gastehuis vir verblyf!"

Jacobsbaai, Weskus

Beach Blessings Self-catering

"It's 5 stars if you want to spend your holidays relaxing i.e to escape from stress. It's also nice if you like the beach. It's safe for children, which is nice, as they can do whatever they want to do."

Paternoster, Weskus

Aloha 3

"Baie lekker plek met 'n groot karakter. Goeie eetplekke en baie om te sien. "

Elandsbaai, Weskus

Ons Huisie

"Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig."

Strandfontein, Weskus

Jeanrienette

"Defnitief 'n aanbeveling aan vriende en kennisse, veral vir die rustigheid."

Langebaan, Weskus

Paradise Beach Langebaan 9 Elara

"Langebaan is regtig baie lekker vir vakansietye - so asemrowend vir uitsig en rus!"

Paternoster, Weskus

Baywatch Villa and Cottage

"Meer vermaak vir kinders en jongmense soos byvoorbeeld putt-putt-bane. "

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"Doringbaai is 'n pragtige skoon dorpie. Hier kry jy werklik rus vir jou siel. Die 4x4 en staproetes word aanbeveel. Heerlike Snoek gekoop by die vissers. Dit was 'n belewenis om hulle dop te hou as hulle die menigte vis vlek en sout. Ignoreer maar die bedelaars, anders raak hulle lastig."

Jacobsbaai, Weskus

Verdoesie

"Dit sou ideaal gewees het as daar 'n winkeltjie was wat bietjie meer bied. Jy moet alles saamvat of sentrum toe ry en eintlik kom mens om weg te kom van alles."

Yzerfontein, Weskus

Dolfin House

"Baie mooi Weskusdorpie."

Lambertsbaai, Weskus

West Coast Eagle's Nest

"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."

Jacobsbaai, Weskus

Whimseagull

"Jacobsbaai is asemrowend mooi."

Elandsbaai, Weskus

Ons Huisie

"Elandsbaai is kleiner as wat 'n mens verwag, en des te beter daarvoor. Ons sal dit beslis weer besoek."

Klawer, Weskus

Klawer Hotel

"Too little time to explore the town but was impressed by its tranquillity."

Yzerfontein, Weskus

Dolfin House

"Pragtige plekkie."

Lambertsbaai, Weskus

Albatross No. 4

"'n Lekker plek om bietjie te gaan ontspan en lekker seekos te eet!"

Lambertsbaai, Weskus

Branders Accommodation

"Dit was ons tweede besoek aan Lambertsbaai en ons het weereens die Muisbosskerm toe gekry - wat 'n teleurstelling."

Port Owen, Weskus

Joan's Place

"Love the place want to go stay there."

Paternoster, Weskus

Harvest Moon

"Lovely little town and peaceful out of season. Lovely beach walks and restaurants. Probably much more variety in season but the solitude of having few visitors there suits as just fine."

Paternoster, Weskus

Lilla's Landing

"Die kreefverkopers is 'n probleem! Wil nie "nee" as antwoord aanvaar nie en raak vieslik en aggressief as hulle nie hul sin kry nie. Kry 'n winkel of sentrale afsetpunt as kreef dan wel verkoop mag word!"

Vredendal, Weskus

Ruanda Guest House

"Was nie lank genoeg daar om iets te sê oor Vredendal nie. Ons het net een aand daar geslaap."

Yzerfontein, Weskus

Grace's Getaway

"Ons was baie teleurgesteld in die eetplekke. Twee eetplekke was toegerook (ek weet nie hoe mense daar kan eet nie!) en die derde restaurant (meer gewilde plek) se kos was opgewarm en "over cooked". Die padstal bly die beste eetplek, maar ons wou 'n slap 'n ander plek probeer. Danksy Spar se flink diens en goeie produkte sal niemand honger ly nie."

Langebaan, Weskus

Speelhuis Collection

"Ons kon alles daar koop wat ons sou nodig hê vir die naweek, en die restaurante is top class. Die kos is van baie goeie gehalte, en die diens was baie goed. Die kelnerin wat ons bedien het was baie geduldig en kon ons help met alles wat ons vra."

Langebaan, Weskus

Long Acres Bahamas Accommodation

"Geen straatligte vir die eerste gedeelte, asook 'n swak padoppervlakte."

Blad
Blad 195 - Wys 5821 tot 5850
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang