Geverifieerde Resensie

West Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6547 resensies.

Calypso Beach, Weskus

Crystal Lagoon Lodge

"Safe, clean and well managed estate."

Paternoster, Weskus

Pikkewyntjie

"Paternoster is 'n Weskusdorpie wat mens nie moet mis nie. Daar is heerlike restaurante, pragtige gastehuise en 'n strand wat wyd strek. Die winkeltjies is oulik en verkoop sonderlinge ware wat mens nie oral sal kry nie. Die vars vis en kreef wat mens direk van die bote af kan koop en wat proe soos see, is 'n definitiewe trekpleister. Alhoewel die wind kan waai, is Paternoster 'n plekkie wat ek oor en oor en oor sal besoek."

Yzerfontein, Weskus

83 Dassen Island

"Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!"

Jacobsbaai, Weskus

De Ware Jacob

"Mooiste dorpie."

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"Stil plekkie by die see vir rus en vrede."

Jacobsbaai, Weskus

Klokkiebosch

"Bly asseblief so ongerep! Moenie meer kommersialiseer nie! Dit lyk nog soos die Weskus behoort te lyk!"

Klawer, Weskus

Lemoenkloof Farm

"Goed om deur te ry en rustig, maar die tyd van die jaar is daar nie veel te doen nie. Klawer-wynkelder was 'n goeie besoek. Die dametjie het 'n baie goeie wynproe aangebied."

Lambertsbaai, Weskus

Raston Guest House

"'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders."

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"Doringbasi is rustig, vreedsaam en vriendelik. Fryers Cove het die beste vis van Kaap tot Kairo."

Lambertsbaai, Weskus

West Coast Eagle's Nest

"Besoek Lambertsbaai gerus tydens buiteseisoen. Dit is stil en perfek om weg te kom van 'n gejaagde lewe van die stad. Daar is baie om te sien en doen, meeste besienswaardighede is binne 60 kilometer. Die restaurant se eienaars is vriendelik en bedien die lekkerste seekos. Johan by Weskus Restaurant het ons baie welkom laat voel en Tersius by Muisbosskerm was 'n wonderlike gasheer. Maak jouself gereed vir lekker kuier met goeie kos en wyn."

Yzerfontein, Weskus

Swept Away Guesthouse

"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "

Paternoster, Weskus

Bokkoms Guest Flat

"Pragtig en pure plesier. Wolfgat Restaurant is 'n besonderse ervaring."

Paternoster, Weskus

Paternoster Place

"'n Fantastiese vakansiedorp met karakter en wonderlike mense. Verseker 'n moet op almal se lysie."

Langebaan, Weskus

Flamingo Park A2

"Sal weer na ons gunstelingbestemming gaan. Baie dankie."

Lambertsbaai, Weskus

Languedoc Verblyf

"Ons kuier in Lambertsbaai was genotvol."

Langebaan, Weskus

Lagoonside @ 77

"Langebaan is 'n wonderlike plek vir 'n vakansie. "

Lambertsbaai, Weskus

Seester Accommodation

"Lambertsbaai sal altyd 'n plek in my hart hê - die vriendlikheid en al sy restaurante - daar is altyd iets om te doen en hy spog met fantastiese strande."

Lambertsbaai, Weskus

Sir Lambert's Guest House

"Beautiful spot with a relaxed atmosphere on the West Coast."

Dwarskersbos , Weskus

Jubel n Juig Self-Catering

"Heerlike uitspanplek as jy rus en vrede soek."

St. Helenabaai, Weskus

Goblin's Inn

"Sal volgende keer in St Helenabaai verblyf soek - lyk na oulike dorpie."

Lambertsbaai, Weskus

Languedoc Verblyf

"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."

Yzerfontein, Weskus

Captains Cabin

"Asemrowende vakansiedorpie."

Paternoster, Weskus

Strandlopertjie

"Paternoster is 'n pragtige dorpie, ons het die kuier daar werklik geniet."

Lambertsbaai, Weskus

Branders Accommodation

"Pragtige plekkie om uit te span en die nog plattelandse kusdorp se vriendelikheid te geniet."

Langebaan, Weskus

Accommodation Unwind

"Pragtige dorpie met beautiful plekkies! Die Thali Thali Game Reserve was wonderlik! Fossielpark so interessant, 'n stop die moeite werd! "

Yzerfontein, Weskus

16 Mile View Beach House

"Yzerfontein is pragtig. "

Yzerfontein, Weskus

No17 on Mile16

"Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig! "

Jacobsbaai, Weskus

De Ware Jacob

"Die dorpie is ideaal vir 'n wegbreek van die jaag en geraas van die stad. Wat dit lekker maak is dat daar geen winkels is, behalwe vir die kafee en restaurant, so jy voel regtig asof jy kan ontspan en jou eie ding doen. Lekker roetes om te stap langs die see met mooi strande. Sal beslis weer hierdie klein Weskus juweel besoek."

Blad
Blad 200 - Wys 5971 tot 6000
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang