Wie wil nou in ’n gewone hotel of gastehuis gaan slaap as jy in ’n huis, paleis, pondok of hok kan bly? Ons het nóg 15 besonderse en eienaardige plekkies op LekkeSlaap gaan soek. So, kliek gerus op die foto’s as jy nuuskierig is oor dié buitengewone blyplekke.

Dié afgeleë lodge is teen die Kgalagadi-Oorgrenspark geleë en spog met verskeie wildsoorte, San-kunswerke en ander kulturele items wat op die erfenis van hierdie gebied fokus.

Addo Dung Beetle Guest Farm is op ’n sitrusplaas in die hartjie van die Sondagsriviervallei geleë.

Dié gerieflike houthuisie is in ’n welige kuswoud naby die strand, kroeg en restaurant geleë.

Herlaai jou batterye in die oulike ossewaens op ’n Oos-Kaapse plaas.

’n Regte egte bos-ervaring wag op jou by Buffelshoek se permatente.

Fairview se torings is op ’n plaas met mielies, Bonsmara-vee en alpakkas op die grens van die Vrystaat en Lesotho geleë.

Bewonder die sterre deur die dakvenster van die Tipi-tent.

Dié bekoorlike houthuisies is aan die kus van Namakwaland geleë.

Hoyo Hoyo is ’n pragtige lodge in Tsonga-styl wat in die Bosveld versteek is.

Kom bly by die enigste seiljagklub in die Klein Karoo.

Old Mac Daddy se ontwerperswoonwaens is tussen hoë dennebome geleë en bied legio doendinge in die natuur.

12

Osfontein spog met van die eerste huisies wat deur die trekboere in die 1800's gebou is.
Osfontein spog met van die eerste huisies wat deur die trekboere in die 1800’s gebou is.

Platbos Forest is ’n omgewingsvriendelike blyplek in ’n gevestigde, inheemse woud in die Overberg.

Dié bloedrooi trein is nie die enigste verblyf-opsie by Summit Lodge in Graskop nie, maar dis beslis die interessantste opsie.

Sycamore Avenue bied eksentrieke, romantiese blyplekke in bekoorlike boomhuise in die Natalse Middellande.

Die alledaagse lewe kan soms so eentonig raak, maar gelukkig is LekkeSlaap hier om jou volgende wegbreek met ‘n unieke blyplek op te kikker! So, bespreek sommer vandag nog by een van dié besonderse blyplekkies.

***

Let asb. daarop dat van hierdie eienaardige geboue slegs op die perseel voorkom en nie slaapplek bied nie. Jy kan wel gaan kyk en baie foto’s neem.

*Hooffoto: Osfontein Antieke Klip Guesthouses and Treehouse