Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3007 resensies.
"Oulike dorpie met baie om te doen en rond te snuffel en baie restaurante om van te kies. Ons het dit baie geniet."
"Dis mooi met oulike winkels en heerlike eetplekke. Die lekkerste eetplek waar ons vir ure kon kuier was die Kooperasie Die kos en diens was baie goed. "
"Die parkering is maar frustrerend en om elke keer die parkeerwagte te moet betaal tel op tot die uitstappie na die dorp se koste. Ons het op ou end eerder restaurante buite die dorp gaan besoek om nie te sukkel met parkering nie. Klein, simpel punt wat nie vir almal 'n probleem sal wees nie, maar tog iets om in ag te neem."
"Baie vriendelike, netjiese plek met so baie om te doen, te sien en te eet. Sal dit beslis aanbeveel."
"Pragtige dorpie met heerlike eetplekkies, oulike winkeltjies en in die mooiste omgewing!"
"Clarens is baie gefokus op toerisme - vertoon netjies in die tyd van verval. Pad vanaf Bloemfontein goed."
"Ons gaan al vir die afgelope 12 jaar, gewoonlik 2 keer per jaar, na Clarens vir 'n wegbreeknaweek. Die waarde vir geld, netheid en rustige atmosfeer maak Clarens 'n heerlike plek. Maak nie saak watter seisoen jy gaan nie, dit bly altyd lekker."
"Ek is baie beïndruk elke keer met die netheid en vriendelikheid van die dorp. Nog met elke event wat ons bygewoon het, uitmundende diens en perfekte organisasie van die events."
"Benewens die skoonheid van die omliggende berge, is die dorpie se atmosfeer en winkels vrolik en interessant."
"Fantastiese dorpie, met klomp oulike winkeltjies, restaurante en hope voetslaanroetes."
"One of my favourite places to visit. Beautiful town, with plenty hiking routes. So close to Golden Gate."
"Clarens is inderdaad die juweel van die Vrystaat. Natuurskatte orals te vinde as jy braaf genoeg is om jou stapskoene vuil te maak."
"Jy kan net vir 'n naweek wegbreek of vir 'n langer tydperk gemaklik daar bly."
"Ons is baie lief vir Clarens, met sy winkeltjies en restaurante. The Square restaurant is puik en hul koffie en kos heerlik. Ons gaan gereeld Clarens toe om net te herlaai en te rus."
"Stunning town with lots of friendly locals. Il Costello was beautiful to have a lovely celebratory breakfast for my son."
"Ons het Clarens baie geniet - die perde en donkie op die plein was egter 'n ander storie. Die diere is beslis nie in 'n baie goeie kondisie nie en dit was nogal ontstellend."