Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 581 reviews.
"Bietjie gesukkel om 'n permit te kry om self deur die wildtuin te ry - bietjie rondgestuur van plek na plek. Indien mens nie oorslaap nie, kan dit nogal duur uitwerk om die bewaringsfooie te betaal."
"Ons het die begeleide stap van 3 ure deur die reservaat baie geniet. Dinokeng is nader aan Pretoria as die Wildtuin en het ook die Groot Vyf. Paaie moet egter meer gereeld geskraap word."
"Animals are easily spotted and ease-of-access is a breeze due to its proximity from PTA and JHB. The butcher has tasty meat, and there are plenty of spots to spend time in the reserve."
"So accessible and ideally located in Gauteng when provincial travel bans make it tricky to go further."
"Die leeus se geraas in die aand is iets om te beleef! Voel of hul jou drumpel gaan deurstap."
"Wens ons het die Groot Vyf gesien! Verder heerlik wild gekyk. Sal beslis terugkom vir nog 'n wegbreek en wildkyk in Dinokeng Wildreservaat! "
"Ons is sommer trots daarop om so 'n reservaat in Gauteng te hê. Ons gaan dit vir seker weer besoek."
"I would like to see them mark their self-drive maps more clearly. Not very user friendly."
"Ons het die natuurlewe baie geniet. Ons het 'n verskeidenheid wilde diere gesien en was besonders gelukkig om renosters baie naby aan die pad te sien."
"Ons was by drie piekniekplekke en een voëlskuiling. Elkeen uniek en die moeite werd om weer te besoek. Wild is volop."
"Nog jong reservaat, maar ek glo dis 'n uitstekende alternatief vir diegene wat die bos-ervaring binne Gauteng wil geniet."
"Veral tydens Covid lockdown kon ons wat woonagtig in Gauteng is nogsteeds 'n bietjie wegkom en die "wildtuin" ervaar."
"Reserve is well maintained. Dirt roads are well kept and easy to travel in a non-4x4. A real treat right in Gauteng! Well worth the trip."
"Perfek geleë naby aan Pretoria. Wonderlik instandgehou met vriendelike diens en die Groot 5. Beslis 'n besoek werd!"
"Mooi reservaat, paadjies baie goed opgepas en was maklik vir ons om rond te ry al het ons nie 'n 4x4 nie."
"Ons het permitte gekoop om self rond te ry in verskeie areas insluitend die Dinokeng Reserve - in drie dae het ons slegs twee volstruise, zebras en bokke gesien. Die wild was nogal teleurstellend. Die piekniek-stal se winkeltjie is swak georganiseerd en die dames wat daar werk is uiters onvoorbereid. Sal nie weer besoek nie."
"Ons het in die Dinokeng Wildreservaat gaan ry op die selfry-roete en het so baie wildlewe gesien! Baie ontspannend en pragtig."
"Die grasse (dekgras) was baie hoog. Die diere eet dit nie en dit verhoed dat ons die diere kan sien. Hoekom word daar nie bietjie uitgedun nie?"
"Ons was net verbaas om in ons omgewing paaie wat "toe" is te kry, merkers is sommer net met stukke karton toe geplak wat selfdrive nogal 'n uitdaging gemaak het. Spesifiek merker 45 na die bird hide uit Arlington-weg."
"Ons was teleurgesteld met Dinokeng omdat daar op die webblad Groot Vyf en roofdiere geadverteer is, maar in die vier dae wat ons die selfdrive route gery het, het ons geen Groot Vyf of roofdiere gesien nie. Ons het wel kameelperde, zebras, vlakvarke, koedoes, rooibokke, elande en swartwildebeeste gesien. Die piekniekplekke wat beskikbaar is lyk netjies, maar is glad nie omhein nie en as daar wel so iets soos roofdiere in die langgras wegkruip sal dit nie veilig wees om uit te klim nie."