Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
"Interessante dorp om te besoek. Heelwat museums en interessante winkeltjies en restourante. Onthou egter om vooraf te bespreek vir aandete. Daar is heelwat toeriste en al die restourante was vol bespreek teen die tyd wat ons daar aangekom het."
"Pragtig, lekker rustige strand en goeie restaurant by die see. Rustig en lekker naby aan groter strande."
"Ek hoop en bid dat daar verligting van die knellende droogte kom!"
"Wonderlike ouwêreldse dorpie. Ons het aan die Lanternfees deelgeneem en in die aanddeur die dorp gestap. Hoogtepunte was die Uilhuis en die fossielmuseum wat wêreldklas is."
"Pragtige historiese dorp. Pragtige goed versorgde ou geboue, veral die museums. Reinet huis is 'n hoogtepunt."
"Ons is gereëlde besoekers aan Graaff-Reinet en geniet elke besoek. 'n Pragtige ouwêreldse dorpie."
"Oyster Bay in the summer over December and January is a wonderful quiet place to stay if you need to get away from the rat race. It's not Jeffrey's Bay with lots of noise. I would recommend if you plan to go to Oyster Bay make sure you take all the essentials since there is no big shops like in Jeffrey's. There is however a small local shop and restaurant that has all the basics. The gravel road there is pretty ruff and you don't want to drive it up and down everyday, so make sure you plan your trips. All and all, a nice safe place to go for a family holiday."
"Besonderse plek in die Karoo. Die is vir seker ons permanente oorslaap plek in die toekoms. Gasheer is baie vriendelik en behulpsaam en die akkommodasie is super netjies, skoon, gerieflik en 'n absolute plesier om daar te kon oorbly. Sien uit na ons volgende oorslaap."
"Op aanbeveling van Parkview het ons die Sunset River Cruise saam met Wayne gaan doen, was baie lekker en duine-klim by die see was hoogtepunt."
"Die gholfbaan is pragtig versorg en 'n groen juweel langs die rivier. Ons het 'n goeie 9 gaatjie-rondte gespeel."
"Nieu-Bethesda was 'n aangename verrassing. Ons kan die boekwinkel en deli wat ons besoek het, beslis aanbeveel. Ons sal weer hier kom kuier."