Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3496 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Arundel Studios"Uitsonderlike natuurskoon tussen vriendelike mense. Ons het ook baie veilig gevoel. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Eclectic, friendly, interesting destination. Definitely worth a visit - but I would suggest a bit longer than one night! I definitely would like to go back an experience more."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Little Lammas"Was ons eerste besoek en was aangenaam verras met al die oulike winkels en slaghuis."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Clarens is een van die min oorblywende bestemmings wat nog nie geheel en al gekommersialiseer is nie. Ongelukkig het die Ugly Duckling franchise wat volop in die Midlands is, ook in Clarens kop uitgesteek, en bederf beslis die atmosfeer van hierdie juweel van 'n bestemming met al sy tuisnywerhede, interessante winkels en kunsgalerye."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Baie gerieflik vir oorslaap op pad na Lesotho vir dag besoeke."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kiara Lodge"Clarens is 'n pragtige dorpie met al die kunswinkels en lekker eetplekke. Dit is beslis die moeite werd om Clarens te besoek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Gypsy Guest House Clarens"Sal weer én weer én nog 'n keer daar wil kuier! 'n Plek waar jy baie mense ontmoet en nuwe vriende bou!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Bergvliet Cottages Clarens"Clarens is 'n rustige kunstenaarsdorpie met baie eet- en drinkplekke met die allerpragtige kuns en ander snuisterye om te koop. Die berge na Golden Gate se kant toe is iets om nie te mis nie. Beslis die moeite werd vir 'n rustige wegbreek in die natuur."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stonehaven Clarens"Clarens en die natuurskoon is die tipe plek wat in jou hart nesskop en veroorsaak dat 'n mens onttrekkingsimptome ervaar wanneer jy nie gereeld daar gaan kuier nie. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Red Mountain House"Quaint, beautiful little town! Too touristy on weekends though (too full), would love to visit for a more quieter break during the week to see Clarens and its people in their everyday environment."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Ongeag Self Catering House"Clarens is 'n lieflike klein dorpie wat groot genoeg is om aan almal se behoeftes te voldoen."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Ons gaan gereeld, en geniet die stap roetes en eetplekke."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lake Clarens Guest House"Pragtig geleë en heerlike restaurante en winkeleienaars warm en gasvry. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Uithoek Vakansie Oord"Ons het nie regtig in Fouriesburg rond gekuier en gery nie omdat ons van ver af gekom het. Dus moet ons weer 'n kuier reël om die dorp te gaan verken."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Meer selfvoorsienend te wees. Ek hou van my franchise, Spar, Steers, ens. vir prysbeheer. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Lusthof Guest Farm"Lieflike omgewing. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Nuwe gunsteling wegbreek bestemming."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Amani Guest House"Clarens needs no introduction. It is a town geared towards tourism with plenty to do, lots of restaurants, and set in one of the most beautiful parts of our country."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Golden View Luxury Self-Catering"Net jammer die slaggate in die dorp begin so erg raak, mens kyk hoeveel besoekers die dorp en besighede besoek en ondersteun. Verder een van ons gunsteling dorpies te besoek, vir al vir wegbreek naweek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stonehaven Clarens"Ek het my bedenkinge oor Clarens as toeristebestemming. Ek kry die idee dat toeriste uitgebuit word omdat die dorp so bekend geword het. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Bly maar die juweel van al die naweekwegbreke vir Johannesburgers!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Lakeview Cottage"Dit is die Mekka van die Oos-Vrystaat. Met so ’n geweldige inkomste oor naweke kan die stadsraad darem net die hoofstraat weer opknap."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Die Kruik"Lewendige vakansie-dorpie oor naweke - soos Parys, Dulstroom en in 'n sekere sin, Cullinan. Baie aangename eetplekke. Mooi omgewing. Oos-Vrystaatse sekondêre paaie meestal 'n nagmerrie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Daar kort net perdekarre. Sal parkeerterrein aanbeveel vir naweke. 10/10. Dit bly 'n pragtige dorpie en omgewing."