Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9274 reviews.
"Het vir baie jare as kind in Santos en Bakke saam familie gekamp. Mosselbaai was en is nog altyd 'n lekker vakansieplek. Wonderlike en vriendelike mense."
"Hartenbos en Mosselbaai word elke jaar meer en meer bekend vir vakansie en aftree en dis regtig een van die beste plekke om vakansie by te hou. Veilig vir almal ."
"Ons het spesifiek vir die KKNK gaan kuier in Oudtshoorn. Daar is wel 'n paar plekke wat besienswaardig is, maar behoort nie meer as 2 dae te neem om meeste daarvan te sien nie. Ek sal wel Oudtshoorn aanbeveel vir wegbreeknaweke wanneer mens se siel net moet rus. Die mense is baie vriendelik en verwelkomend. Rou Karoo restaurant en Ostrich emporium het ons baie geniet. Sien uit na volgende jaar se fees."
"Lieflike dorp wat jou verblyf daar die moeite werd maak. Sal dit vir enigeen aanbeveel!"
"Lekker plek vir 'n wegbreek van die werklikheid af."
"Kangogrotte is 'n moet. Billik geprys. Volstruisplaas wat aanbeveel was, is nie die geld werd nie."
"Alhoewel die infrastruktuur redelik onder druk is gedurende die vakansieseisoen, bly Knysna en omgewing 'n lekker toerismebestemming met baie om te sien en doen vir oud en jonk."