Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3077 reviews.
"Daar is baie deftige eetplekke en lodges, maar nie regtig veel meer as dit nie. Black Horse brewery is 'n pragtige plek om by te gaan eet."
"Pretoria-Oos is volgens my nie regtig 'n groot toeriste bestemming nie maar is baie maklik binne bereik met baie goeie paaie. Ek verkies om die deel as basis te gebruik om ander plekke te besoek."
"Sal graag wynglase in die kamer wil hê. Die vertrek is gedurende die aand nog lig, weet nie of dit dalk te veel buiteligte is wat nie afgeskakel is nie, miskien kan 'n gordyn by die deur dalk help."
"Skoon, netjies en goed instand gehou - perfekte plek om 'n naweek uit Gauteng weg te breek"
"Ons verblyf was baie naby aan Johannesburg Skydiving Club en dit was 'n groot plus! Die nuwe mall maak 20:00 toe en het geen eetplekke vir aandete nie, maar die Spur in die dorp was oop en het goeie diens gegee. "
"'n Mens moet meer tyd daar spandeer om die area beter te leer ken. Dis egter 'n baie goed gevestigde area - boomryk ens. 'n Ideale omgewing om in rustig te raak na 'n besige dag. "
"Hatfield is een goede basis om vandaar uit het drukke Pretoria te verkennen. Ligt centraal bij de grote uitvalswegen die ook naar Johannesburg en het vliegveld gaan."
"Hills and Dales is gerieflik naby aan Lanseria. Voornemende gaste moet net paraat wees vir "smash and grabbers" indien hulle in die aand op die R512 na Lanseria reis."
"Vir iemand wat glad nie vertroud en op my gemak is met die stad nie, was my tydjie in daardie omgewing heel lekker, en ek het baie veilig gevoel, asook was dit nie moeilik om Cosy Cottage te kry nie! Erasmuskloof sal my gou weer sien, want als is lekker naby geleë."