Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Williston word relatief netjies in stand gehou. Verwag bedelaars. Kan nie regtig kommentaar lewer oor die veiligheid in die dorp, het gereeld SAP-voertuie in die woonbuurt sien ry."
"Philippolis is die oudste bestaande nedersetting in Suid-Afrika. Daar is baie geskiedenis en die dorpie is taamlik mooi opgepas deur privaat eienaars. Die strate en dorp se infrastruktuur is maar soos al die ander klein dorpies in SA wat deur die huidige regerende party bestuur word - nie baie goed nie. Die Philippolis Hotel bedien heerlike etes en die hoofstraat het 'n paar interessante winkels om te besoek. Definitief die stop werd. Daar is ook heelwat oornagplek beskikbaar."
"Hou van Wimpy en garage by Wimpy. Nie baie beïndruk met ander garage en takeaways."
"Ons besoek gereeld afgeleë, interessante, waarde-vir-geld selfsorgplekkies in die Wes-Kaap. Niks kon ons egter voorberei op die gevoel van heerlike absolute afsondering en stilte bo-op die berge aan die voet van Meiringspoort nie. Die hoogtepunt was om donkeroggend op een van die Klein-Karoo se koudste dae, in die ruim Victoriaanse buitebad te ontspan in vuurwarm water met slegs die toegesneeude Swartberg en sterre wat jou afloer. Ek is werklik spyt ons het nie genoeg tyd gehad om die elande te besigtig asook die klofie agter die pikante rietdakhuisie uit te stap nie ...' n uitstekende verskoning om weer te gaan kuier! Baie belangrik - die 1.6 km tot op die berg moet myns insiens slegs aandurf word met' n 4x4 voertuig. Dit is definitief nie moontlik met 'n motor nie. "
"Niemand mag die "upmarket" restaurantjie 1989 langs die OK misloop die. Gehalte-koffie, super-ontbyte en koekverskeidenheid sal jy ver moet loop soek!"
"Baie rustige dorp met baie vriendelike mense. Perfek om jouself bietjie te "recharge.""
"Die droogte in die omgewing breek 'n mens se hart! Maar tog belangrik om plekke te ondersteun wat steeds billike pryse hef en goeie diens lewer, soos Steenbokkie."
"I'd say its a great stop-over destination. Central between Johannesburg and Cape Town and close to the N9, as well to Graaff Reinet. I wouldn't necessarily plan Colesberg as an end-destination."
"It was a pity most of the town was closed. I think there were a lot of disappointed people in town that had travelled far to see the different venues and there were no notices on websites stating that they were closed."
"Ek sien nie Graaff-Reinet regtig as 'n toeristebestemming nie. Dis meer 'n oornag of 1-2 dae besoek aangesien daar nie veel is om te gaan sien of doen nie."
"Die meeste besienswaardighede is toe en ons het letterlik net oorgeslaap en toe weer aangery. Kentucky is definitief 'n bonus op die dorp."
"Net jammer a.g.v. Covid was geen besienswaardighede oop nie en ons kon ook nie hul restaurante ondersteun nie. Die ervaring by 'n restaurant oorkant die Uilhuis was uiters teleurstellend. Die deur was oop, dit was so net na 4. Op hul website/Facebook toon hul aan hul is tot 07:00 oop, maar toe ons ingaan toe laat hulle ons weet hulle is toe, ten spyte van die feit dat die personeel almal met pizzas voor hul gesit het by een tafel en lekker gekuier het."