Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Ons ry altyd net deur Colesberg. Dit was aangenaam om te sien hoe inwoners laatmiddag in die strate stap. Pragtige dorpie."
"Die Karoo het sy unieke besonderse bekoorlikheid. Niks kan die stilte en die nagsterre vervang nie."
"Baie verwaarloos deur die regering. Die korrupsie en swak dienslewering is duidelik sigbaar. Dit is baie jammer, want die meeste mense is baie getrou en vriendelik."
"Die Karoo se skoonheid is iets wat elke Suid-Afrikaanse burger moet ervaar ten minste een keer in hul lewe."
"Pragtige plaaslike Karoodorpie. Ons het dit nie regtig verken nie omdat ons oornag het en weer vroeg gery het."
"Springfontein in itself is not a travel destination but it is an excellent stopover point between Gauteng and the Eastern/Southern Cape."
"Mooiste dorpie. Ons het begin uitkyk vir eiendom daar. Sal daarvan hou om daar af te tree."
"Spandeer meer tyd daar en knoop gesprekke aan met die plaaslike mense. Dis kos vir die siel en gee jou weer moed vir ons land en sy mense!"
"Die droëwors by die slaghuis is baie lekker en die heuning daar te koop is heerlik. Skoon dorpie en almal doen moeite om besoekers tuis te laat voel."