Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Jammer van die stofstrate, maar dit dra seker ook by tot die tipiese Karoo-atmosfeer. Maar weens die Stoep Tasting, was die dorpie baie besig en stowwerig. Ons was vier dae daar, maar ek dink nie buite die feestyd is daar genoeg om mens langer as twee dae besig te hou nie. Die besienswaardighede is egter baie interessant."
"Mens ry gewoonlik net verby Colesberg, op pad na jou eindbestemming, maar dit was absoluut die moeite werd om af te draai en die dorp 'n bietjie te ervaar en te verken."
"Wat 'n verrassing. So klein dorpie. Pragtige kerk en 'n plek met 'n groot geskiedenis."
"Veilige en oulike dorpie. Ons het restaurant toe gestap en alles in die strate was skoon, netjies en veilig."
"Dis die een plek wat ek dink almal moet besoek. Dis een van ons gereelde stopplekke vir 'n dag of twee as ons van Gauteng Kaapstad toe (of terug dan ook) reis."
"Dit bly 'n ingenieurswonderwerk. So baie water opgedam agter een wal, die moeite werd om te sien."
"Vir die beste kos in die dorp, besoek gerus "Die Plattelander"! Jy sal nie spyt wees nie!"
"Lyk vir my soos die Kaapse Greyton. Die plek is klein en daar is geen ATM nie, maar dit is miskien ook 'n pluspunt. Pizza in die dorp was great, beste wat ek nog geproe het!"
"Pretty, well-preserved town despite a malfunctioning municipality. Hats off to all private citizens for their sterling efforts."
"A charming village located in a valley, the church at the top of the hill is quite impressive. Looks like a Roman temple. Beautiful surroundings all over. A favourite stopover for travellers to and from Jo'burg."
"Die oorspronklike ou geboue en strate laat die gevoel van tyd wat stil gestaan het. Fantasties!"