Geverifieerde Resensie

Maloti Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3665 resensies.

Clarens, Malotiroete

Cottage Pie

"Clarens is pragtig en rustig. Daar is lekker eetplekkies en oulike winkeltjies. Golden Gate is om die draai vir 'n pragtige Sondagmiddag-rit."

Clarens, Malotiroete

Red Mountain House

"Clarens is 'n moet. Sal dit beslis weer besoek."

Clarens, Malotiroete

Neethlings Place

"Clarens sal altyd 'n gunsteling wees."

Clarens, Malotiroete

Zwartmodder

"Die hart van die Vrystaat."

Ficksburg, Malotiroete

Bella Rosa Guest House

"Bietjie emosioneel vir my - ek is daar gebore in 1947 en het die dorp verlaat in 1954. Eish!"

Clarens, Malotiroete

Woodlands Retreat Private Property

"Een van die mooiste plekke in ons land."

Fouriesburg, Malotiroete

Uitzicht Game Lodge

"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "

Clarens, Malotiroete

Titanic View - Place of Peace

"Uitstekend. 'n Plek van inspirasie."

Clarens, Malotiroete

The Courtyard Guest House

"Everyone has to put Clarens Extreme on their wishlist. "

Fouriesburg, Malotiroete

Sandstone Chameleon Guest House

"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."

Fouriesburg, Malotiroete

Pumula Guest Farm

"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"

Clarens, Malotiroete

Lola's Luxury Self-Catering Accommodation

"Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon."

Clocolan, Malotiroete

Vlakbult Guest Farm

"Clocolan is 'n baie mooi omgewing."

Clarens, Malotiroete

RiverWalk Guest House

"Pragtige plek met die mooiste natuur. "

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."

Clarens, Malotiroete

Die Kruik

"Mal oor dié plek."

Clarens, Malotiroete

De Ark Mountain Lodge

"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "

Clarens, Malotiroete

Rooikat Cottage

"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"

Clarens, Malotiroete

Talking Trees Self-Catering House

"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"

Clarens, Malotiroete

Red Mountain House

"Uitstekend as mens net wil wegkom en rus!"

Clarens, Malotiroete

Lake Clarens Guest House

"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."

Clarens, Malotiroete

Larola Terraces

"Het dit geniet in Clarens."

Clocolan, Malotiroete

Vlakbult Guest Farm

"Baie mooi omgewing. Het kersiefees besoek en het die sjokoladefabriek baie interessant gevind. Het ook treingery by Sandstone Estates. Kersie Padstal-middagete geniet. "

Fouriesburg, Malotiroete

Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue

"Een van die pragtigste omgewings in die land."

Fouriesburg, Malotiroete

Wegkomkans B&B

"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."

Clarens, Malotiroete

Cottage Pie

"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."

Clarens, Malotiroete

Jovali

"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."

Blad
Blad 104 - Wys 3091 tot 3120
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang