Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3665 resensies.
"Clarens is baie duur, restaurante is baie duur, die omgewing en staproetes is baie mooi."
"Baie mooi plek by die Malutiberge, strate is net in 'n ongelooflike slegte toestand. Sal moontlik eerder verkies om in Clarens te oornag en dan die dag te spandeer in die Fouriesburg-area."
"A quaint town with lovely, friendly staff. We all enjoyed walking around town and window shopping. Lots of places to eat with lots of variety to suit everyone's pallets."
"Pragtige dorp. Die Bethlehem Munisipaliteit moet net aandag gee aan die strate wat besig is om baie agteruit te gaan."
"Wens net die plaaslike regering wil die strate van Clarens teer of plavei. Die onlangse reën het slote en gate oral oor in die strate gestoot en dit was regtig onplesierig."
"Dit is ons tweede besoek in Clarens en ons is teleurgesteld oor agteruitgang van strate, asook niks nuut beskikbaar."
"Ons was kersdag daardeur, so amper als was toe. Eetplek gesoek, maar niks gekry die oggend nie. Mooi dorp."
"Pragtige, ou plattelandse dorpie met lieflike winkeltjies en heerlike restaurante."
"I'm giving it a 4/5 because of the poorly maintained roads, be very cautious when driving from Johannesburg. There are major potholes en route and not many petrol stops. Overall, stunning views."
"'n Rustige plattelandse dorpie met die mooiste natuurskoon. Skoon en netjies. Baie aktiwiteite vir oud en jonk."
"Eerste keer in Clarens. Baie mooi dorpie met pragtige berge, maar soek nog na 'n wow-faktor. Vele winkels, restaurante en staproetes. Was ook by Golden Gate, maar weet nie of ons sommer gou weer sal terugkeer nie. Dink ander plekke in Suid-Afrika bied meer."
"The roads going there are totally terrible and littered with potholes. In the town itself, some streets do not have tar anymore. A couple of streets were only accessible if you drove a 4x4. Who's to blame?"
"Fantastiese plek, en voorwaar die moeite werd. Pad na en van Clarens nie so lekker nie, maar as jy eers daar is kan jy enige plek heen loop."
"Clarens is 'n wonderlike plekkie en vir seker 'n deel van die land wat mens moet sien. Dit is ongelukkig jammer dat al die paaie vanaf Clarens, behalwe die Betlehempad, bykans onbegaanbaar is. Dit maak dit al moeiliker om weer daardie kant toe te wil ry. Paaie is uiters swak, maar as jy loop, is dit 'n goeie ervaring."
"Ek dink die paaie moet regtig aandag kry in die dorp asook omliggende paaie soos die R26. Clarens is 'n pragtige dorp met die mooiste winkels. Daar is nie winkels soos Woolworths, Pick 'n Pay, ens. wat eintlik 'n plesier is. Ek sal graag weer teruggaan."