Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6215 resensies.
"Dullstroom is net 25 km weg maar dis 'n grondpad so wees maar versigtig. Ons het gereeld daar gaan eet."
"We will be back in the area in a few weeks time, the area seems to be a hidden gem."
"Graskop self is 'n dorpie naby aan ons harte veral vir die asemrowende natuurskoon rondom die dorpie. Dit was vir ons opmerklik dat jy GEEN bedelaars in en om Graskop aangetref het nie wat al klaar vir ons 'n GROOT pluspunt was - elke ou werk vir sy inkomste al is die bydrae baie klein. Ons het Harry's se pannekoeke daagliks geniet, ons het Abe se gasvryheid by die Glass House baie waardeer en die kos voorwaar uit die boonste rakke. Die big swing is vir ons ook n groot aantrekkingskrag en ons gaan jaarliks terug net om te kyk hoe die manhaftiges spring. Die dorpie is besonders skoon vir al in aggenome met al die toeriste wat daar daagliks deur beweeg. Ons waardeer die verkoopspunte wat gebou is by die verskeie toeriste aantrekkingspunte dit kom baie netjies voor en is 'n lus vir die oog. Ons hoop dat die toeristeraad ook so iets sal doen by Pelgrimsrus wat op die oomblik 'n seer oog is maar kultuur is wat naby aan elke Suid-Afrikaner se hart lê! Die kos in die Royal Hotel is nogsteeds van uitstaande gehalte en ondanks die plakkershutte wat as verkooppunte staan het ons Pelgrimsrus op 'n manier geniet net jammer vir die onooglike stalletjies! THABA TSWENI LODGE sal ons enige dag aanbeveel en onsself sal ook in die toekoms van die Lodge gebruik maak. Graskop sien ons beslis weer in die nabye toekoms!"
"Ek was verbaas dat daar soveel oorde in daardie omtrek is. Dit is ideaal vir oorslaap veral in seisoene wanneer die wildtuin so vol bespreek is. Hulle adverteer net nie genoeg nie. Dit moet in die buiteland ook geadverteer word as dit nie alreeds gebeur nie. Kaapse Hoop word nie genoeg langs die pad geadverteer nie en ook miskien 'n groot bord by die ingang en uitgang van Boven langs die pad sit wat bv. sê Welkom in MPUMALANGA se vakansie oorde ,jou halweghuis na die Krugerwildtuin. Dan 'n lys van die die blyplekke sit met die telefoonnommers langs die naam. Die vakansie oorde kan maandeliks ietsie bydra vir die advertensie."
"Uistekende plek om net rustig te wees na 'n jaar van werk, werk en werk. Sal in die toekoms weer daar gaan oorbly. "
"Graskop is by verre die beste dorp t.o.v. ligging. Baie sentraal en selfs naby Krugerwildtuin. Ek sal beslis weer daar gaan oorbly."
"Kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie. Ons was net vir een dag lank daar. Daar is wel heelwat dinge om te sien en te doen in die omgewing wat 'n besoek aan Malelane die moeite werd maak."
"Graskop is 'n baie interessante plek en ons was al baie daar gewees. Die beste restaurant is die glas rondawel, nie seker oor die naam nie, maar die kos is ongelooflik lekker!"
"Regte plattelandse atmosfeer behalwe dat die nuwe bedeling afbreuk doen aan die toeriste aantrklikheid. Niemand wil "Made in China" produkte koop nie."
"Ongelooflike plek met als wat 'n person soek! Kan nie glo hoe Witrivier uitgebrei het nie!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate - Mountainview Accomodation"Ongelooflike skoon en vriendelike dorp. Was aangenaam verras om Nelspruit te sien na al die jare. Sal beslis meer gereeld Nelspruit besoek."
"Al die blomme en pragtige groot groen bome was vir ons wondermooi. Die besoek aan die Birds of Prey Centre was 'n onvergeetlike ervaring. Daar is baie slaggate en veral die grondpaaie is erg verspoel. Maar eerder dit as 'n vreeslike droogte!"
"Baie oulike plek. Interessante winkeltjies. Die enigste klagte wat ons het en van die ander mense wat ons mee gesels het is dat, alles behawle restaurante vyfuur toemaak. Ons tyd was so min ons kon nie eers na al die winkeljies gaan nie. Ek kan verstaan dat dit seker nie in die week nodig is om oop te bly nie, maar hulle kan baie besigheid kry as hulle net Vrydae en Saterdae later oop bly. Tot die klein "coffee shops" maak vyfuur toe."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate - Mountainview Accomodation"Pragtige plek tussen die mooiste koppies!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Loerie's Call Guest House"Baie om te doen in en om die omgewing as jy bereid is om te ry. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
85 Ehmke"Die mooiste stad in die hele land. Alle besighede is vinnig bereikbaar en geen probleem om inkopies te doen nie."
"Vast improvement in the roads leading to Piet Retief - but the streets in town leave a lot to be desired."
"Sal sowaar weer en weer en weer in Sabie gaan kuier. Dis net die paaie wat aandag benodig."