Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.
"Augrabies was ongelooflik pragtig en baie skoon, was verras om te sien hoe pragtig die park en valle was! Dit was absoluut 'n wonderlike ondervinding en kan dit vir seker aanbeveel!"
"Restaurante is puik, die baai is pragtig. Geen winkels - bring alles self saam! Regtige oulike plekkie!"
"Waarsku asb. reisigers dat maaltye slegs by Hotel op Sondagaand beskikbaar is. Al die Restaurante is na 14:00 toe."
"The main attraction was obviously the flowers in the flower season and astro photography being a dark sky area."
"Hopetown die dorpie is 'n bietjie verlate met 'n probleem van restaurante wat nie oor naweke baie laat oopbly nie."
"Mooi dorp in 'n asemrowende, mooi omgewing in die hart van Namakwaland."
"Baie vriendelike mense. Die plaaslike mense lag maklik vir die simpel Gautenger se grappies. Die diens is baie goed in die gastehuis, restaurante en kuierplekkies. Die dorp is oor die algemeen baie skoon en verseker die moeite werd om te besoek."
"Wat 'n verrassing! So blertsie teen die Weskus, vriendelike mense en die mooiste mooiste kuslyn! Die wrak is maklik om by uit te kom en as jy graag foto's neem gaan jy baie besig wees. Hondeklipbaai is ook redelik sentraal vir blommekyk of duine ry en ook om net stadig te stap en die lewe in te neem. Ongelukkig is daar maar bedelaars waarop gelet moet word, maar hulle los jou gou uit as jy nie reageer nie."
"Loeriesfontein was baie netjies en skoon. Dit was baie rustig en niemand het kom pla nie. Natuurskoon deur die berge op pad na Nieuwoudtville is besonders mooi."
"Naby die valle. Die dorpie is maar klein en het nie ander besienswaardighede nie,"
"Hondeklipbsaai is 'n mooi bestemming. Daar is besienswaardighede al is dit so 'n klein plekkie."
"Kakamas is ryk aan interessante plekke. Kaarte van die omgewing met aanwysings na die plekke sal 'n groot bate wees."
"The flowers were spectacular in town and along the roadside just outside town."
"It basically has nothing. It's good for a stop over destination, but watch out for the gravel roads, make sure you either have a 4x4 or make sure you plan your tar road route."