Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Die dorp het baie agteruit gegaan t.o.v jou gevoel van veiligheid, soos baie van ons klein dorpies waar jy kan sien die munisipaliteite spandeer nie hulle geld soos hulle moet nie."
"Calvinia is ‘n dorp waar alles beskikbaar is wat benodig word vir ‘n lekker Karoo-toer en is gewoonlik ingesluit op my Karoo-toere."
"Dit is een van die groenste en pragtigste dorpies in die Karoo en ek ry hom nie graag mis nie."
"Die kultuur is besonders. Dit is 'n moet om tussen die plase rond te ry. Beslis enig in sy soort."
"Jammer dat dinge so verwaarloos, daar is soveel mooi geboue. Strate is oor die algemeen baie swak. Dit is so 'n gerieflike halfpadstop, dis hartseer dat dorpe verwaarloos word."
"Daar is nie baie om te doen nie, maar dit was heerlik om op die strand te kon wees en die kinders kon lekker elke dag swem. Wat ook baie opvallend was is dat daar nie sommer net in strate gedrentel word nie. Hondeklipbaai is ’n lekker rustige plekkie vir wegkom en om te rus."
"Dis regtig baie afgeleë. Mooi wit strandjie. Ou skeepswrakke om te sien en Spat klip."
"Britstown is a great place to stopover between the Western Cape and Free State but not necessarily a destination in itself."
"Onlangs hierheen van Gauteng na Upington verhuis. Noord-Kaap het meer verskeidenheid as wat die meeste mense besef. Ons Gauteng-vriende begin al hoe meer hierheen reis na aanleiding ons ervarings."
"Plattelander is an awesome restaurant in Colesberg, great value for money and divine food and service is the best."
"It is apparently known as the Book Town of the country. Some interesting old buildings."