Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7917 resensies.
"Die nabyheid van die Augrabiesvalle maak dit die moeite werd. Ons het nie baie van die dorp beleef in die tydjie wat ons daar was nie, maar dit is die moeite werd om daar te stop."
"Ek slaap gewoonlik net oor in Colesberg, maar vind die mense in restaurante en petrolstasie baie vriendelik."
"Springbok is so lekker groot en daar is alles wat jy sal nodig kry. Die mense is baie vriendelik."
"Die NG-kerkgebou is iets besonders en iets waarvan mens nie sal weet as jy net verby ry op die N1 nie. Ons het dit die perfekte halfpadmerk tussen Kaapstad en Johannesburg gevind, sonder die gewoel wat soortgelyke opsies sou behels. "
"'n Moet-sien in die Karoo, dit moet onbeskryflik mooi wees in die lente met die blomme."
"Het na baie jare weer my geboortedorp besoek en alhoewel daar hier en daar verwaarlosing te sien was, is die algemene toestand goed en die sentrums mooi en gerieflik."
"Kokerboomwoud is verlate, jammerte kon nie toegang kry per voertuig nie, maar het maar deur doringdraad geklim en gestap. Asemrowend mooi."
"Hondeklipbaai is ‘n interessante bestemming. Baie geskiedenis, ‘n kuslyn vol stories en dit is ‘n rustige dorpie. Goed gewerk ook vir ons wat oppad was na Alexanderbaai grenspos."
"Beslis die moeite werd om daar te stop en om 'n bietjie deur die dorp te loop."
"Calvinia is a typical overnight stop. So it's not fair to comment as if it is a holiday destination.The town is generally clean, but in comparison to the likes of Victoria West (that is a town of similar type destination), it lacks in overall visitor appeal.Town management should value the contribution that travellers make to the town and work much harder to make it really attractive and unique for travellers to return."