Geverifieerde Resensie
Sunshine Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sunshine Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2594 resensies.
"Seaview is 'n pragtige plek weg van die gewoel, maar genoeg om te doen met puik restaurant en 'n nabygeleë inkopiesentrum."
"Dit mag intimiderend lyk, maar besoekers moet tog die duine klim. As jy eers bo is, is dit die moeite werd."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sonskynkus
Sam's Self-Catering"Port Elizabeth het my baie verbaas. Ons sal verseker langer bly volgende keer. Daar is so baie om te ervaar en die mense is awesome! Well done PE!"
"Ons het dit nie juis as toeristebestemming ervaar nie, maar dit is baie gerieflik geleë ten opsigte van winkels en vir ons besoek vir 'n Britse visum."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
Makhanda (Grahamstad), Sonskynkus
Bartholomew's Loft"Net jammer die Camera Obscura was stukkend en die katedraal was toe."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sonskynkus
Pebbles Beach Cottage"Vriendelike mense, doen baie vir toeriste oor Desember, billike pryse en dit is 'n baie lekker plek."