Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Buite seisoen is dit fantasties, met lang strande en plaaslike vissers wat die atmosfeer skep. Die hoofstrand is egte vol rommel en selfs verrottende robbe wat nie weggeneem is nie. Die ewigdurende nabyheid en realiteit van diewe is ook steurend."
"Baie lekker. Mense is baie vriendelik en erg behulpsaam. As ek weer gaan, vat ek definitief die kinders saam."
"Die omgewing is pragtig met talle wynplase en goeie restaurante. 'n Baie aangename ondervinding."
"Dis 'n prentjiemooi dorpie - dalk nie vir almal nie. Daar is beperkte besighede, maar as jy na stilte en Karoo-rustigheid soek, is hierdie die plek vir jou. Dit maak mens weer mens!"
"Goeie restaurante en 'n mooi kuslyn maak verblyf 'n aangename ervaring. Winkels is interessant en pryse is min of meer billik. Pragtige omgewing."
"Jare na ons eerste besoek is dit duidelik dat Lambertsbaai soos baie van ons plattelandse dorpe, agteruit gaan en sekere areas verval. Maar Lambertsbaai en die area regverdig steeds 'n besoek van 2 dae. Restaurante is baie goed en die inwoners is vriendelik en behulpsaam."
"Baie mooi dorp. Lyk my restaurante nie in oorvloed in die dorp nie. Sal weer soontoe gaan."
"The people were friendly and helpful to share ideas on what to do and see."
"Piketberg het nog niks verander nie. Ken dit al jare, kort goeie winkels, winkels nie almal geleë bymekaar nie."
"Vir wynproe en rondreis is Calitzdorp 'n uitstekende, sentrale bestemming. Dis veral geskik vir mense wat (soos ons) die omgewing op bergfietse wil verken!"
"A picturesque getaway that refreshes the soul with its quirky and high quality experiences, but not a place to visit on a tight budget!"
"Mooiste, skoonste en vriendelikste dorp. Oorweeg dit om permanent daar te vestig."
"Dit was hartseer om te sien dat baie van die geboue vervalle is en daar is duidelik baie opknapping wat gedoen moet word. Maar dit bly platteland en die blomme is steeds so mooi soos voorheen."
"Lamberts Bay is a nice quiet beach town where you go to relax and get away from the hustle and bustle of the city. The only negative for me personally would be the distance from Cape Town, as it is a little too far for a weekend getaway. People are extremely friendly in the town and enjoyed the stay."