Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"A quaint little town, but not my ideal holiday destination. Temperature extremes from very hot to very cold. Very central for provincial tournaments. Some interesting sites and activities around the town. Locals are friendly and there is everything you need in the town."
"Ons het Ceres gekies omdat dit baby die dorp was waar ons die volgende dag moes wees. Dus het ons ongelukkig nie die area verken nie."
"Die dorp se besienswaardighede is fantasties. Daar is so veel om te doen en te sien dat jy nooit uit gekuier sal raak in Gansbaai nie."
"Plettenbergbaai is beslis 'n plek om weer te kuier. Daar is baie om te doen en te sien."
"Rustige dorpie met heerlike restaurante en goeie verblyf. Pragtige natuurskoon aan die voet van die berge."
"Calitzdorp moet deesdae soos enige ander Kaapse dorpie benader word - fokus op dit wat waarde bied (hier kan jy wynproe) en ervaar die pragtige natuurskoon, maar vermy die bedelaars in die hoofstraat wat jou onveilig laat voel. Die dorpie self vertoon egter wel minder vervalle as die meeste ander tipiese, klein dorpies in die land. Vir Calitzdorp is dit die moeite werd om veral die omliggende omgewing se roetes teen en tussen die berge te geniet. Hier is baie geskiedenis en kultuur wat wag om ontdek te word."
"Huidiglik is daar 'n tekort aan besighede soos 'n supermark (Nellas besig met renovasies) en bankgeriewe (OTM). Die winkel wat wel daar is, is redelik beperk so mens moet goed voorberei of jou grootmaataankope op Heidelberg gaan doen."
"Soos die Engelse sê: 'n bit overrated maar nog tans 'n besoek werd. Ons was gelukkig om skole vol walvisse wat in die baai baljaar te sien."